42 Chaka's Cove
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
42 Chaka's Cove is 'n selfsorgwoonstel in Ocean-rylaan in Shaka's Rock aan die Dolfynkus. Dit is minder as 50 km noord van Durban.
Die woonstel is teen die strand en het 3 slaapkamers wat slaapplek bied aan 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer is ingerig met 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die laaste twee kamers deel 'n aparte, tweede badkamer met 'n stort en 'n toilet.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n ontbyttoonbank met 3 stoeltjies. Die leefarea bied 'n uitsig oor die see en het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n TV. Skuifdeure lei na 'n privaat onderdakbalkon met 'n tafel en stoele, Weber-gasbraaigeriewe en lieflike see-uitsigte.
Alle linne, seep en 'n eerste toiletrol word voorsien. Gaste word die eerste aand bederf met 'n gasvryheidskinkbord met koffie, tee, suiker en Cremora. Onthou asb. om jou eie bad- en swemhanddoeke saam te bring. Die eenheid word elke 4 dae skoongemaak. 'n Ekstra skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar.
Onderdakparkeerplek is beskikbaar op die perseel langs die eenheid. Maak gerus gebruik van die braaigeriewe en die swembad oorkant die pad by Cove.
Die strand en die getypoele is net sowat 'n minuut se stap van die verblyf af. Die WiFi is gratis by Salt Cafe wat oorkant die pad is. Salt Rock Shopping Centre met verskeie winkels is net 3,2 km verder in Ocean-rylaan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Gordon Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 47
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Ocean-rylaan, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 42 Chaka's Cove het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Shaka's Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan, Shaka's Rock, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang