Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

440 @ Brooklyn

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fehrsenstraat 440, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R920 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

440 @ Brooklyn is in die hartjie van Brooklyn, 'n gesogte en gevestigde woonbuurt in Pretoria, geleë. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers wat op soek is na 'n oornagplek of lang kuier in die skilderagtige Jakarandastad.

Die huis beskik oor 'n verskeidenheid volledig gemeubileerde kamers. Die verblyf wissel van standaardkamers tot die groot solderkamer met sy eie klein privaat balkon wat oor die tuin uitkyk.

Elke kamer het sy eie en suite-badkamer, lessenaar, gratis WiFi, 'n yskas, koffie- en teemaakgeriewe, TV, 'n kluis, baie kasspasie en keuse van 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens.

Die ruim sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv-kanale.

'n Ten volle toegeruste kombuis met al die nodige toebehore is beskikbaar vir elke gas wat selfsorggeriewe benodig. Ontbyt kan op versoek aan gaste voorsien word teen 'n ekstra koste.

Gaste het ook toegang tot braaigeriewe op die perseel.

Dit is sentraal geleë tussen al die groot hospitale in Pretoria waarvan Groenkloof Hospitaal minder as 3 kilometer weg is, wat dit binne maklike bereik en ideaal maak vir buitepasiënte of familie.

Die eiendom het 'n elektriese heining en bied gaste veilige parkeerplek op die perseel.

Vir die avontuurlustige besoeker is die Pretoria Gholfbaan en Magnolia Dal met sy vele stap- en fietsryroetes slegs enkele minute weg.

440 @ Brooklyn is net 600 meter vanaf Brooklyn Mall met sy talle winkels, restaurante en besienswaardighede. Dit is 1 kilometer vanaf die Universiteit van Pretoria, 2,5 kilometer vanaf Loftus Versveld en met die Gautrein-bushalte op die voorstoep is 440 @ Brooklyn ideaal vir enige besoeker.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.6
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Braam Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Fehrsenstraat 440, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink 440 @ Brooklyn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R920
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R920
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fehrsenstraat 440, Brooklyn, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuE8uhRWJia2iwK1IP5T3atYcMsXjEkxYFBJpPjx4gzWQ3EjLlY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 440 Fehrsen Street Brooklyn 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.766003645493 28.232736289501

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang