Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

4499 Desert Rose

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fuchsiastraat 4499, Ocean View, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Vanaf R1 650 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

4499 Desert Rose bied gerieflike selfsorgvakansieverblyf op die eienaar se perseel in die Ocean View-area van Swakopmund. Dit is ideaal geleë naby die C34-hoofweg, 400 m vanaf die naaste winkelsentrum en net 5 minute se ry vanaf die strand.

Dié eenheid het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix. Boonop is daar 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite het gaste volle toegang tot 'n lieflike tuinruimte asook 'n privaat binnehof met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel en indien vooraf gereël, is daar 1 parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Miguel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Fuchsiastraat 4499, Ocean View, Swakopmund, 0000, Erongo
  • Gaste dink 4499 Desert Rose het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fuchsiastraat 4499, Ocean View, Swakopmund, 0000, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA03e928c1028692f05396c95cad58daaf82d01c40bcb2ff0168306eda2dd2dc4d6dab2976b553c50d399503c4737b212e24e2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag, vir 4 mense 3 5 1 5 4499 Fuchsia Street Ocean View 0000 Erongo 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -22.643647357595 14.541058375347

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang