Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

46 @ Mtwalume

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dekweg 92, Mtwalume Holiday Resort, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R985 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

46 @ Mtwalume is 'n selfsorg-chalet in die veilige Mtwalume Holiday Resort aan die suidkus. Mtwalume is 'n klein kusdorpie wat tussen Pennington en Hibberdene wegkruip en met 'n pragtige, skoon strand en getypeol spog. Hier kan gaste wandel, draf, lyfplankry, van die strand of rotse visvang, in die rotspoele swem, branderplankry, swem en snorkel ? alles net 700 m ver.

Die chalet is geskik vir 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en bied pragtige see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 'n dubbelbed. Daar is 'n ingeboude stapelbed in die sitarea. Die badkamer onder het 'n stort, toilet en wasbak en die badkamer bo het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n yskas-vrieskas, kisvrieskas, oond, addisionele klein toerusting, eetgerei en breekware. Gaste kan hul maaltye by die toonbank met stoele geniet. Daar is ook 'n tweeplaat-gasstoof en herlaaibare ligte vir gebruik tydens beurtkrag. Die sitarea het 'n slim-TV met OpenView-kanale. Gaste is ook welkom om hul WiFi-router saam te bring. Buite is daar 'n stoep met buitemeubels, 'n sambreel, braaigeriewe en 'n potjie-pot.

Die oord spog ook met 'n groot gemeenskaplike swembad, tuine en parkeerplek vir waentjies en bote. Daar is ook 'n restaurant in die oord. Gaste het toegang via 'n elektriese hek en die perseel het watertoevoer indien die hoofnetwerk af is.

Aktiwiteite in die omliggende areas sluit iets vir die hele gesin in. Daar is gholf, branderplankry, voetslaanroetes, voëlkyk, perdry, strand-restaurante en kroeë. Met die subtropiese klimaat, heerlike somer- en matige winterseisoene en die warm temperatuur van die see, kan gaste hier regdeur die jaar vakansie hou.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderstapelbed

Leefarea

2

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Dekweg 92, Mtwalume Holiday Resort, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 46 @ Mtwalume het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 985
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 985
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
    4 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dekweg 92, Mtwalume Holiday Resort, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA680ecc00731fd8f1cabf59bc592ed543e31d014c33187fc33d07d8d78b8588fc256855be80e37b0767fdc87cf8d5bc86be49?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R985 per nag, vir 4 mense 4 5 1 5 92 Dek Road Mtwalume Holiday Resort 4186 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.4890624 30.6290451

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang