46 Fish Eagle Bay
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fish Eagle Bay Luxury Estate 46, N2 Keurboomsrvier, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
46 Fish Eagle Bay bied verblyf op die boonste verdieping op die veilige Fish Eagle Bay Luxury Estate op 'n klein skiereiland tussen die Keurboomsrivier en Bitourivier in Plettenbergbaai. Die landgoed spog met uitsigte oor die Keurboomsrivier, omliggende groen heuwels en pragtige tuine waar springbokke vrylik rondloop.
Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Slegs een van die slaapkamers het lugversorging en daar is ook 'n aparte badkamer.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer is met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die leefarea met lugversorging het 2 gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv Premium en Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Daar is ook 'n gaskaggel en 'n eetarea met 'n etenstafel vir 8 met 2 bankies en 2 stoele. Dié area lei na 'n onderdakstoep met gemaklike sitplek en 'n ingeboude staalbraai.
Veilige parkeerplek is op die landgoed beskikbaar wat 24 uur per dag deur sekuriteit gemonitor word. Plettenbergbaai is die ideale bestemming vir natuurliefhebbers, want dit bied 6 Blouvlagstrande, pragtige riviere, staproetes en see-uitstappies.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Ondervloerse verhitting
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Liezl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Fish Eagle Bay Luxury Estate 46, N2 Keurboomsrvier, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink 46 Fish Eagle Bay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fish Eagle Bay Luxury Estate 46, N2 Keurboomsrvier, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang