48 Baydunes On The Beach
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hannes Pienaarstraat 23, Baydunes 48, Bay View, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
48 Baydunes On The Beach is 'n lieflike strandfront, selfsorgwoonstel vir 6 mense in Bay View, Mosselbaai.
Die dubbelverdiepingwoonstel kyk uit oor die see en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en maak oop op die patio wat oor die see uitkyk. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde is ingerig met 2 enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van 2 badkamers, elk met 'n bad, 'n stort en 'n toilet. Gerieflikheidshalwe word linne, bad- en strandhanddoeke voorsien.
Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Gaste kan ontspan in die gerieflike sitkamer wat toegerus is met 'n TV met sekere DStv-kanale, en 'n binnenshuise gasbraai is beskikbaar vir gebruik.
Die sitkamer maak oop op 'n gemeenskaplike balkon met see-uitsigte, en buitebraaigeriewe is beskikbaar, asook strandsambrele.
Mosselbaai bied verskeie doendinge soos visvang, branderplankry, sonsondergangvaarte, 4x4, bergfietsry, voetslaan- en staproetes, sandplankry, en meer. Gaste kan die Garden Route Casino, die Cape St Blaise-vuurtoring, die Bartholomeu Dias Maritieme Museum besoek, of inkopies doen by die Langeberg Mall wat verskeie winkels en restaurante bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Karin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Hannes Pienaarstraat 23, Baydunes 48, Bay View, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink 48 Baydunes On The Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bay View Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hannes Pienaarstraat 23, Baydunes 48, Bay View, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang