49-on-Cherry Bed & Breakfast
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cherry-rylaan 49, Randpark, Johannesburg, 2194, Gauteng
- Vanaf R1 790 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
49-on-Cherry Bed & Breakfast is in Randpark, 'n luukse buurt in Randburg in die noordweste van Johannesburg geleë.
Gaste kan kies tussen lieflike, luukse suites wat na tipes kersies vernoem is en elk slaapplek aan 3 tot 4 gaste bied. Die eenhede het elk 'n ekstra lang koninggrootte-bed met 100% perkallinne, luukse duvets en sagte voetkombersies, en die beddens kan ook op versoek as 2 enkelbeddens opgemaak word. Die en suite-badkamer het elk 'n stort, toilet, wasbak, en badhanddoeke en toiletware word voorsien.
Die suites het ook elk vinnige WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale en Netflix. USB-poorte is langs die beddens aangebring om plek te voorsien waar gaste hul fone kan herlaai en daar is 'n tweepuntprop vir skootrekenaars. Van die privaat sitarea af, bied elke eenheid toegang tot 'n stoep met 'n uitsig oor die tuin en die swembad.
Elke suite het 'n kombuisie wat met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, mikrogolf, 'n eierkoker en 'n broodrooster toegerus is. 'n Ontbyt bestaande uit vars vrugte, jogurt, ontbytpap, muesli, vars melk, muffins, roosterbrood, heuning, konfyt, vrugtesap, en 'n reeks drankies word in elke suite voorsien.
Gaste kan in die tuin langs die swembad ontspan en troeteldiere is welkom mits daar vooraf gereël word.
Die huis is op Cherry-rylaan, 'n straat propvol jakarandabome wat 'n pragtige, pers blaredak word op pad na die B&B. Die gastehuis is net 2 km van die Randpark Championship Gholfbaan en die Cresta Winkelsentrum wat verskeie winkels en restaurante bied.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sharon Merle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 33
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Cherry-rylaan 49, Randpark, Johannesburg, 2194, Gauteng
- Gaste dink 49-on-Cherry Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Randpark Randburg Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Cherry-rylaan 49, Randpark, Johannesburg, 2194, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang