Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

5 Brighton Court

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Campsbay-rylaan 32, Kampsbaai, 8040, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

5 Brighton Court is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel in die hartjie van Kampsbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin of toeriste wat die lewendige kuslyn van die Moederstad wil verken.

Dié woonstel op die grondvloer het gemaklike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en toilet.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike swembad op die perseel. Die ligging van hierdie kompleks is net 'n kort entjie se stap vanaf geriefswinkels en Die Kampsbaai-getypoel is net oorkant die straat. Dit is ook naby die mooiste strande en is stapafstand van 'n oorvloed dag- en nagaktiwiteite en restaurante af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.3/5

Shiraaz Geverifieer

Eiendomme 13

Resensies 86

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Campsbay-rylaan 32, Kampsbaai, 8040, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 3 950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Campsbay-rylaan 32, Kampsbaai, 8040, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd07f88335badf3f004c2afe2a82d19068cc9c250defe5eddec1f8edd026fcb2580cd2adb89e6ce6ede3a4cd38f9bfaea8b0a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 950 per nag (plek vir 4) 32 Campsbay Drive Camps Bay 8040 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -33.955486046339 18.385901442779

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang