Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

5 Campstreet Guesthouse and Self-Catering

Selfsorg
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kampstraat 5, Gardens, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

5 Campstreet Guesthouse and Self-Catering is 'n perfekte plekkie om Kaapstad saam met vriende en familie te ervaar. Dit is in 'n knus erfenisgebou in die hartjie van die Tuine-buurt en bied maklike toegang tot Kloofstraat se byderwetse vermaak.

Verblyf is beskikbaar in 5 luukse eenhede wat slaapplek aan 3 tot 6 gaste bied. Elke eenheid het 'n privaat ingang, 'n en suite-badkamer, 'n sitarea met 'n platskerm-TV en stroomkyk-kanale, 'n eetarea, 'n privaat stoep en braaigeriewe. Gaste moet hul eie DStv-slimkaart en intekenbesonderhede saambring. Eenheid 2 en 4 het elk kombuise wat ten volle toegerus is en Eenheid 1, 3 en 5 het kombuisies met 'n stoof, mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad tussen 10:00 en 18:00. Eenheid 4 het 24 uur-toegang tot die swembad omdat dit naby daardie eenheid is.

Slegs 1 veilige parkeerplek is per eenheid beskikbaar. Daar is genoeg parkeerplek in die straat vir addisionele voertuie en gaste beskikbaar.

Daar is 'n portierdiens beskikbaar om te help met vervoer, daguitstappies en enige ander vereistes teen geen addisionele koste nie.

Gardens of Tuine, Kaapstad is tussen Tamboerskloof en Oranjezicht en is 'n baie gewilde buurt en een van die oudste en bes gevestigde dele van Kaapstad. Die boheemse en byderwetse Kloof- en Langstraat is propvol restaurante, koffiewinkels en bistros wat verskeie lekker proe-ervaringe bied en daar is 'n eksentriese mengsel Afrika-kurio's, antiekewarewinkels, galerye, musiek-, foto-, reis- en boekwinkels, asook klubs en disco's. Gardens is ook naby Kampsbaai se strand, Tafelberg en die V&A Waterfront.

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Emmie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Kampstraat 5, Gardens, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink 5 Campstreet Guesthouse and Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kampstraat 5, Gardens, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6535f0129a50b6268c317ae2061b436003496358bd5187aeba94056a41c6adf84d850d463a1fc7dd371e067ce870a019364c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 5 Camp Street Gardens 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.93432 18.4102

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang