Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

5 Mountains Lodge & Spa

Gastehuis
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bainskloofpad, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 725 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

5 Mountains Lodge & Spa skuil tussen die voorheuwels van die historiese Bainskloofpas, digby Wellington in die hartjie van die wynlande, net 45 minute van Kaapstad se middestad af. Die pas lei 'n mens uit die dorp na 5 Mountains Lodge & Spa. Ontdek dié versteekte juweel in 'n oase van vreedsaamheid en rustigheid.

Daar is 5 individueel ontwerpte, Provensaalse tuinkothuise, elkeen met sy eie stoep en 'n lieflike uitsig oor die wingerd of pragtige tuine. Elke kothuis het sy eie Weber-braai. Braaipakke en wyn is by ontvangs beskikbaar. Daar is 'n kragopwekker op die perseel wat tydens beurtkrag gebruik word.

Die lodge bied 'n verskeidenheid heerlike maaltye van hoë gehalte, insluitend ontbyt en tuisgemaakte maaltye. 5 Mountains Lodge & Spa het 'n dranklisensie sodat gaste 'n koel, heerlike glas wyn saam met hul maaltyd kan geniet. Kom ontspan by hierdie luukse lodge in 'n pragtige Engelse tuin waar gaste in die swembad kan afkoel, op 'n sonstoel op die grasperk kan uitspan, in 'n sauna of stoomkamer kan ontspan, of in 'n Jacuzzi agteroor kan sit.

Die lodge is troeteldiervriendelik, so gaste kan hulle medium-grootte hond saambring indien hulle dit vooraf reël.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Chantene S
Saam met lewensmaat
5.0
Ek kom gou weer terug! Ons het so lekker gebly en the host was amazing!
Jul 2024
Lindi F
Saam met vriende
5.0
Fantasties. Wonderlike bestuurder. Goeie diens en vriendelike personeel. Het elke oomblik geniet.
Jun 2024
Amelia M
Saam met vriende
4.8
Amazing! Myself and my three bridesmaids stayed at 5 Mountains Lodge & Spa the night before my wedding, and it was absolutely wonderful...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Gretha D
Saam met lewensmaat
4.4
Lekker wegbreek maar spa was toe. 5 Mountains was 'n goeie opsie vir my en my man se wegbreek maar ek was teleurgesteld dat die spa nie oop was tydens...
Sien meer
Jan 2024
Priscilla T
Saam met lewensmaat
4.0
Not value for money at all, false advertising. Definitely not value for money, we paid almost for 2 nights of which only accommodation ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Pam Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 27

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Bainskloofpad, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink 5 Mountains Lodge & Spa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 725
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 725
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Bainskloofpad, Wellington, 7655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA59dd34b3a63dadaf65eedab218b1b2ebb277e95244a0aa43ec13cec3cec2effe524383e7e68dd2c5c5e283f590fa3dd4c202?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 725 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 Bains Kloof Road Wellington 7655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -33.643884595996 19.043469429016

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang