506 Lighthouse Mall
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chartwell-rylaan 14, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 050 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
506 Lighthouse Mall is 'n luukse selfsorgwoonstel op die vyfde verdieping van Lighthouse Mall in die hartjie van Umhlanga, slegs 200 m vanaf die hoofstrand. Die woonstel spog met pragtige see-uitsigte.
Daar is 2 dubbelkamers, elkeen met hul eie badkamer. Die woonstel beskik ook oor 'n sitarea, eetarea en 'n moderne kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is slaapplek vir 4 gaste. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis het graniet-oppervlakke, lieflike afwerkings en is met 'n mikrogolfoond, oond, stoof, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Ander geriewe sluit plafonwaaiers, 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi in. Skuifdeure lei vanaf die sitarea na die stoep.. Die stoep het 'n tafel met sitplek vir 4 en 'n Weber-braai.
Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Veilige onderdakparkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar. Let asb. dat die woonstel nie vir klein kinders geskik is nie.
506 Lighthouse Mall is 'n luukse selfsorgwoonstel in die hartjie van Umhlanga, slegs 200 m vanaf die hoofstrand in Umhlanga Rocks. Daar is verskeie hotelle in die nabye omgewing waar gaste kegelbal en ander speletjies kan speel. Gaste het ook toegang tot hope luukse restaurante en gesinsrestaurante, binne stapafstand van die woonstel af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Kirsty Geverifieer
Eiendomme 60
Resensies 199
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Chartwell-rylaan 14, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 506 Lighthouse Mall het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chartwell-rylaan 14, Umhlanga Rocks, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang