Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

51 on Church

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 51, Doorn, Welkom, 9459, Vrystaat
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

51 on Church bied gerieflike, stylvolle, skoon en veilige oornagverblyf vir gesins- of sakereisigers.

Die gastehuis is minder as 'n kilometer vanaf Goldfields Mall & Casino, Welkom Square, Medi-Clinic en Welkom se sakekern.

Die gastehuis maak van sonkrag gebruik en het noodkragbystand tydens beurtkrag. Die gastehuis het ook 'n boorgat en 5 000 L-tenk met 'n waterpomp.

Die Purple Plum-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n slim-TV met die volle DStv-pakket, onbeperkte WiFi, lugversorging, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Silver Glass-kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n slim-TV met die volle DStv-pakket, Netflix, onbeperkte WiFi, lugversorging, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Duck Egg Blue-selfsorgwoonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 en suite-badkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n sitarea en 'n privaat braai-area. Onbeperkte WiFi en 'n slim-TV met die volle DStv-pakket en Netflix is beskikbaar.

Die Nordic Blue-kamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, onbeperkte WiFi, 'n slim-TV met die volle DStv-pakket en Netflix, en lugversorging. 'n Skuifdeur lei na die stoep waar gaste kan rook en die tuin-uitsig kan bewonder.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.3
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Hermanus Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 51, Doorn, Welkom, 9459, Vrystaat
  • Gaste dink 51 on Church het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Doorn Welkom Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 51, Doorn, Welkom, 9459, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2af722779856aac8abc3b07c18283dda6c98e4c183811f5fdd1ea805a32ec829e00e0860f80f8ef4e4b5f2c53300715f17d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 51Church Street Doorn 9459 Vrystaat 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -27.981061908892 26.754076536745

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang