51 op Arum
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 16 Jan 2025 tot 31 Jan 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Whale Rock Gardens 51, Whitecaps-weg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
-
Vanaf
R6 200R4 134 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
51 on Arum is 'n bekoorlike selfsorghuis wat onder die Robberg Natuurreservaat op 'n veilige landgoed met 24 uur-sekuriteit in Plettenbergbaai geleë is. Die landgoed bied 'n rustige omgewing met volop voëllewe, pragtige tuine, 2 damme en 'n gemeenskaplike swembad, en dit is net 10 minute se stap vanaf 'n ongerepte Blouvlagstrand.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak, toilet en 'n verhitte handdoekreling. Daar is ook klerekaste, 'n lessenaar en 'n privaat stoep. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die aparte badkamer het 'n bad, stort, wasbak, toilet en 'n verhitte handdoekreling. Linne en handdoeke word voorsien
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, ketel en broodrooster toegerus. Die aparte opwaskamer is met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. 'n Draagbare wasgoedrak en 'n strykplank word voorsien. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv en 'n kaggel en lugversorging, en 'n sonnige leeshoekie met baie boeke. 'n Omsetter is in die geval van kragonderbrekings beskikbaar. Gratis WiFi word voorsien.
Die deure lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-eetarea en 'n Weber-ketelbraai.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Whale Rock Gardens 51, Whitecaps-weg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Robberg Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 08:00 - Adres: Whale Rock Gardens 51, Whitecaps-weg, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang