Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stella Maris

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stella Maris 54, Kusweg 73, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Stella Maris is 'n eenheid wat pragtig ingerig en op die vyfde verdieping van 'n gebou in Amanzimtoti geleë is.

Dié selfsorgeenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n sitkamer met 'n slaapbank. Die sitkamer en slaapkamers spog met ongelooflike see-uitsigte. Die kombuis is goed toegerus met graniet-toonbanke, 'n mikrogolfoond, yskas en 'n wasmasjien. Ander geriewe sluit 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en 'n DVD-speler in. 'n Daaglikse fooi word gehef om die DStv te aktiveer.

Die eenheid word daagliks skoongemaak, buiten Sondae en openbare vakansiedae. Bring asseblief jou eie handdoeke en vadoeke saam. Beddegoed word voorsien. Rook is verbode in die woonstel. Gaste mag wel op die balkon rook.

Geen troeteldiere word in die gebou toegelaat nie. Daar is 'n swembad, braai-area en 'n waskamer op die perseel. Kelderparkeerplek in die sekuriteitsgebou met 24 uur-sekuriteit is beskikbaar.

Stella Maris is gerieflik geleë naby winkels, vermaaklikheidsareas en eetplekke. Dis sowat 1 km vanaf die Spur, Toti Mall, Water World, kegelbalspel en 'n speletjiessentrum af, 5 km van Galleria Mall, ysskaats, rolprente en restaurante af, 35 km van Pavillion Mall af, 45 km van Gateway Mall en slegs 55 km van King Shaka Internasionale Lughawe af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelslaapbank
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 138 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Rudolf B
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gekuier. Die woonstel is goed geleë, naby alles. Ons is ook vriendelik ontvang en het vinnig ingeboek.
Jul 2024
Ricky E
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Veilig, skoon en naby betrekkings.
Mei 2024
Loukie C
Saam met vriende
5.0
Absoluut puik woonstel. Baie dankie aan die eienaar vir die ekstra moeite. Baie lekker, skoon, mooi woonstel, het baie lekker gebly sonder enige probl...
Sien meer
Mei 2024
Jerome R
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Baie rustig, goeie uitsig. Winkels baie naby.
Apr 2024
Sasha-lee L
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut die moeite werd. Ons was absoluut stomgeslaan deur die netheid, die uitsig, alles was net perfek gewees. Ons het besluit dis ons vakansieplek...
Sien meer
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 138

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Stella Maris 54, Kusweg 73, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Stella Maris het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stella Maris 54, Kusweg 73, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaf2892dd0ff443849f864a7b4c349bb7d9580c437642e92ea96e2c159ab55009bdfe443e36ed13d1d70014033e3e44acbb13?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 6) 138 5 1 5 54 Stella Maris 73 Beach Road 4125 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -30.051934637259 30.887793134918

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang