Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

57 Mark Street

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Markstraat 57, Prins Albert, Wes-Kaap, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 550 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

57 Mark Street is 'n semi-losstaande selfsorg-kothuis in Prins Albert. Dié historiese woning is 150 jaar oud en die essensie daarvan is in die lieflike Amerikaanse greinhoutvloere, deure en vensters vasgevang. Die rietplafon hou die huis koel in die somer.

Die sakpas-kothuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die een badkamer het 'n stort, toilet en wasbak en die ander badkamer het 'n bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n tweeplaatstoof, oondjie, yskas, ketel, broodrooster en mikrogolfoond. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele in die kombuis, asook 'n houtstoof in die ou vuurherd.

Die voorstoep kyk uit oor 'n groot, statige ou kerk, en daar is 'n beskutte sitarea buite by die kombuis met 'n groot etenstafel en stoele, asook 'n braai-area.

Indien jy op soek is na verblyf vir 'n groot groep van 10 mense, kan 57 and 59 Mark Street gesamentlik bespreek word, aangesien die eenhede aanmekaar skakel.

Minimum 3 gaste per bespreking. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Absoluut geen enkelnagbesprekings word toegelaat gedurende die spitsseisoen nie.

Die verblyf het nie 'n TV of WiFi nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.7
Diens
4.5
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Daniel K
Gesin met klein kinders
5.0
Aangename, netjiese verblyf wat die atmosfeer van ouwêreldse dorp weerspieël. Heerlike, netjiese en bekostigbare verblyf met 'n baie gawe gasvrou.
Sep 2024
Chrisna E
4.8
Baie oulike huisie, goed toegerus en sentraal geleë in Prins Albert. Dankie vir jou vriendelikheid en dat jy ons so welkom laat voel het. Jul moet dal...
Sien meer
Jul 2024
Chantel K
Gesin met klein kinders
4.8
Neat, clean and efficient for an overnight stay. Comfortable, convenient, clean and beautiful view.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Gavin B
Saam met vriende
4.6
Prys teenoor styl. Plek is baie goed toegerus, maar sal nie almal se styl wees nie. Ons het lekker geslaap, maar die vloere in die huis maak verskikli...
Sien meer
Apr 2023
Antoinette J
Saam met lewensmaat
4.6
Baie netjies en alles wat jy nodig het. Baie dankie Yolande. Gasvrou is uitstekend en behulpsaam.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Yolande Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 31

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Markstraat 57, Prins Albert, Wes-Kaap, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink 57 Mark Street het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 550
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 550
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Markstraat 57, Prins Albert, Wes-Kaap, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU0NDBmNjBiLTk4MDAtNDc4Yy1hMzdjLTY5Y2JlNGJlYmY2Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 550 per nag, vir 6 mense 11 5 1 5 57 Mark Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.227616471666 22.029649019237

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang