57 on Protea
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R3 850 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
57 on Protea is 'n lieflike drieverdieping-selfsorghuis wat teen die hange van die Hottentots Holand-bergreeks in Gordonsbaai geleë is, wat oor die baai uitkyk, met Tafelberg in die verte. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na verblyf wat gemak en styl kombineer.
Dié vakansiehuis het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Alle slaapkamers is op die boonste verdieping geleë en hulle is almal ingerig met koningingrootte-beddens. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die oorblywende badkamer het slegs 'n stort.
Die eerste vlak bevat die oopplan leef- en eetareas, kombuis en balkonne. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste, en die leefarea is ingerig met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV wat met Netflix geïnstalleer is. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die balkon het 'n ingeboude braai-area en buitemeubels. Gaste het toegang tot die plonspoel wat in die herfs en winter sonverhit word tussen 24 en 30 grade. Dié vakansiehuis bied 'n gefiltreerde bergwatertoevoer en volle sonkragondersteuning. Dit is heeltemal van die rooster af met 'n 10 KW-battery. Veilige parkeerplek is in die dubbelmotorhuis beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Juanita Geverifieer
Eiendomme 37
Resensies 106
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Gordonsbaai Mountainside Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang