Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

57 on Protea

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

57 on Protea is 'n lieflike drieverdieping-selfsorghuis wat teen die hange van die Hottentots Holand-bergreeks in Gordonsbaai geleë is. Dit spog met 'n uitsig oor die baai en Tafelberg in die verte en is ideaal vir gaste wat op soek is na verblyf wat gemak en styl kombineer.

Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Al die slaapkamers is op die boonste verdieping en het elk 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die ander badkamer het 'n stort.

Op die eerste vlak is die oopplan leef- en eetareas, kombuis en balkonne. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die balkon het 'n ingeboude braai-area en buitemeubels. Gaste het toegang tot die plonspoel wat tydens herfs en winter tussen 24 en 30 grade sonverhit word. Hierdie vakansiehuis het gefiltreerde bergwatertoevoer en werk met sonkrag. Dit is heeltemal onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en het 'n 10 KW-battery. Veilige parkeerplek is in die dubbelmotorhuis beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Juanita Geverifieer

Eiendomme 36

Resensies 106

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 57, Gordonsbaai, Kaapstad, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9210585dde81c0ce11f7caaa9227795924d87438fc7801bed38ba6d637687561189f2a97ce6534ed6e6f963aa7dade55fb76?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 850 per nag (plek vir 6) 57 Protea Drive Gordon’s Bay 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1719505 18.8462131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang