Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

57 Pelican Street

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 57 Pelican Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

57 Pelican Street is 'n selfsorghuis met 4 slaapkamers en 3 vol badkamers in St. Lucia in die hartjie van Zululand. Daar is 'n lieflike swembad en braaiarea in die binnehof. Dit is gerieflik geleë na aan die middedorp waar gaste die plaaslike mark en verskeidenheid restaurante en winkels kan besoek.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 bedtafeltjies met leeslampe. Die kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die derde kamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 1 koningingrootte-bed en 2 stapelbeddens in die vierde slaapkamer. Kamer 3 en 4 deel 'n aparte, volledige badkamer. Elke slaapkamer het lugversorging.

Daar is 'n groot oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n mikrogolfoond, yskas, aparte vrieskas en meer in. Die sitkamer het heelwat sitplek, 'n TV met vol DStv en komplimentere WiFi. Die huis word daagliks skoongemaak. Troeteldiere is welkom.

St. Lucia is in die hartjie van Zululand met 'n magdom doendinge. Aktiwiteite sluit wildritte, baljaar in die see en die middedorp in. Nagritte, uitstappies gedurende die dag, voetslaanroetes, safari's te perd is alles beskikbaar in die Hluhluwe Wildreservaat en Cape Vidal. Rivierbote voorsien 'n gulde geleentheid om die seekoeie en krokodille van nader te bekyk. Diepsee- en kusvisvang is beskikbaar. Jy kan ook op 'n walviskyk-uitstappie en 'n nagrit gaan om die skilpaaie te gaan kyk (seisoenaal). Ander geriewe sluit voëlkyk (560 spesies), gholf, krokodilpark, boules en meer in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Dawn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 57 Pelican Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 57 Pelican Street het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 57 Pelican Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA71764a53f5a9d819d8dcb36bf74d560d95ed46119880f5a499e39267687c60578402d588032fb84a9cfad291b173d22a8622?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10) 8 5 1 5 57 Pelican Street St. Lucia 3936 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -28.376263 32.414182

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang