Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sabuti HL1398

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sicklebush-laan, 57 Sabuti, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 520 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sabuti HL1398 is 'n ruim selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig in die Sabuti-kompleks by Simbithi Eco Estate, 'n bestemming wat vir sy asemrowende natuurskoon en rustige atmosfeer bekend is. Hierdie woonstel is op die grondverdieping en perfek vir gesinne of klein groepies. Dit bied gerieflikheid en skilderagtige uitsigte en is net 'n entjie vanaf die kus.

Dié woonstel het lugversorging, slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort en bied direkte toegang tot die stoep. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, lugbraaier, ketel, broodrooster, koffiemasjien, ysmasjien, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek, asook 'n slim-TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is 'n groot onderdakstoep met buitesitplek, draagbare braaigeriewe en 'n uitsig oor Sabuti se swembad, die omliggende dam en die see in die verte. Gaste kan die gemeenskaplike swembad geniet en veilige parkeerplek is op die landgoed beskikbaar.

Die landgoed het 4 gemeenskapsentrums met swembaddens, 'n rugbyveld, 'n putt-puttbaan, piekniekareas, braaigeriewe, stap- en fietsryroetes en wild. Die Golf Side beskik oor 'n eksklusiewe 18 putjie-Executive-gholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwerp is. Simbithi Buiteklub het 'n kroeg, sitarea, gratis WiFi, Fig Tree Restaurant en 'n avontuurspeelplek vir kinders.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Ballito.net Geverifieer

Eiendomme 23

Resensies 34

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Sicklebush-laan, 57 Sabuti, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 520
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 520
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sicklebush-laan, 57 Sabuti, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA20a754fd6ac730345ffb660b973945954069f8c9498b0dba3fb32190458911e685b4d83b193fe83af46d56933ddeed682324?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 520 per nag (plek vir 6) Sicklebush Lane 57 Sabuti, Simbithi Eco Estate 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-17:00 09:00 -29.518959000269 31.224940160788

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang