6 Kingston Place
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Trinidadrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
6 Kingston Place is 'n privaat selfsorgwoonstel vir 4 volwassenes in Marina Martinique Astonbaai, 'n voorstad van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Hierdie Sekuriteitslandgoed is op die kanale waar jaarlikse swemgeleenthede plaasvind en gaste kan swem, seil, visvang of roei geniet.
Hierdie oopplanwoonstel is op die tweede verdieping en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n badkamer met 'n stort. 'n Haardroër, linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien. Daar is ook 'n klein kluis met 'n sleutels in die slaapkamer.
Die oopplan-sitarea en -kombuis lei na die privaat balkon. Die kombuis is met 'n broodrooster, ketel, mikrogolfoond, yskas, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, strykyster, strykplank, wasgoedmandjie, droograk vir klere en skoonmaaktoebehore toegerus. Gaste kan beddegoed by die gemeenskaplike wasgoedlyne ophang. Gaste kan die natuur vanuit die kombuis se venster bewonder. Tee, koffie, melk en suiker word voorsien.
Daar is braaigeriewe, braaitoerusting en stoele. 'n Lamp en lig vir beurtkrag word voorsien. WiFi is beskikbaar.
Gaste het ook toegang tot 'n buitegimnasium en 'n uitsig oor die wild wat vrylik rondloop. Daar is onderdakparkeerplek beskikbaar vir 1 voertuig naby die trappe en staanplek kan vir 'n sleepwa gereël word.
Clapton's en Aston Bay-strande, asook 2 lieflike restaurante is net 'n entjie se ry weg. Die Marina het sy eie restaurant met 'n klein strandjie. Daar is 'n gerieflike superette, bottelstoor en restaurant in Astonbaai of inkopiegeriewe is in Jeffreysbaai beskikbaar. Inkopiegeriewe soos The Fountains en Equinox Mall, Spar en Checkers asook uitstaande restaurante naby Jeffreysbaai, is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Thea Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Trinidadrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
- Gaste dink 6 Kingston Place het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marina Martinique Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Trinidadrylaan, Astonbaai, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang