61 on Camps Bay Guesthouse
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Camps Bay-rylaan 61, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
61 on Camps Bay Guesthouse is 'n luukse gastehuis wat sentraal geleë is in die luukse seekant-woonbuurt genaamd Kampsbaai in Kaapstad. Dit is net oorkant die pad van die Houghton-trappe geleë wat lei na die stil Bali-strand. Dit is loopafstand van die prentjiemooi Kampsbaai af met sy nuwerwetse en gewilde kafees, die bekende Café Caprice en vele ander restaurante.
Akkommodasie bestaan uit 7 ligte en ruim kamers wat elk 'n en suite-badkamer het. Daar is 2 van die kamers wat toegerus is met 'n kombuisie wat dit ideaal maak vir gaste wat ligte maaltye wil voorberei. Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, plafonwaaiers, verwarming en tee- en koffiemaakgeriewe in. Die kamers met hulle strandhuisdekor is ruim en maak oop op die balkon of swembaddek.
Gaste kan op die son- en swembaddek ontspan en 'n beroemde Camps Bay-sonsondergang geniet. Ons het 'n groot eetarea wat in 'n gemaklike en rustige konferensie-area omskep kan word. Daar is sitplek vir 25 mense. Daar is oorgenoeg parkering van die straat af en gratis WiFi beskikbaar.
61 on Camps Bay Guesthouse is net 'n paar minute se ry van die V & A Waterfront, die middestad, die wêreldbekende Clifton-strande, Tafelberg se kabelkarretjie, Die Twaalf Apostels en Seinheuwel af, om maar 'n paar te noem.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Wayne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 31
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Camps Bay-rylaan 61, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Gaste dink 61 on Camps Bay Guesthouse het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Camps Bay-rylaan 61, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap