Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

61 on Suikerbossie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossie-rylaan 61, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 613 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

61 on Suikerbossie is 'n asemrowende en ruim selfsorgvakansiewoonstel wat op die onderste vlak van die eienaar se huis in die hartjie van Gordonsbaai geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek saam met geliefdes, want hierdie woonstel spog met panoramiese uitsigte oor die see.

Dié kontemporêre woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die lieflike hoofsuite is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n instapkas met 'n sentrale masseerbed asook 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Albei slaapkamers het direkte toegang tot die voorste balkon.

Die uitgestrekte oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, lugbraaier, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel met oorgenoeg sitplek. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met baie gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV en 'n kaggel. Komplimentêre WiFi is oral in die woonstel beskikbaar.

Deur die groot skuifdeure is daar 'n ruim voorbalkon met 'n buite-eettafel en 'n gasbraai wat net die perfekte plek is vir gaste om te ontspan met 'n skemerkelkie en 'n ete terwyl hulle die see-uitsigte bewonder.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 689

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Suikerbossie-rylaan 61, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 613
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R4 613
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossie-rylaan 61, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcd70b15d6189f673f8f59d2213c2496ea8f712b2469f02e6830785a55452401d4b7d24e2312b1c8d726bb71bbd8f65d81e72?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 613 per nag (plek vir 4) 61 Suikerbossie Drive Gordons Bay 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.168203 18.856495

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang