633 Stonefields
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Teding Van Berkhoutstraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R2 350 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
633 Stonefields is 'n bekoorlike klipkothuis op die veilige Stonefields Estate in die skilderagtige dorpie Dullstroom. Die landgoed se rustige, plattelandse omgewing skep die ideale atmosfeer vir gerieflike verblyf in die natuurskoon. Hierdie huis het 'n uitsig oor 'n meer en op Dullstroom se berge en die landgoed het 'n klein visdam vir baars- en forelhengel.
Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en dié gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n toonbank. Dit lei na 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv en 'n klipkaggel. WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n lieflike buite-area met 'n ingeboude braai en 'n goedversorgde tuin.
Stonefields Estate is op die rand van die dorp geleë sodat gaste maklike toegang tot die nabygeleë besienswaardighede het. Dullstroom on the Dam is net 5 tot 10 minute se ry ver en bied 2 uitstekende visdamme, besonderse staproetes en van Dullstroom se mooiste omgewings om te verken en te bewonder.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 70
Resensies 209
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Teding Van Berkhoutstraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink 633 Stonefields het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Teding Van Berkhoutstraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang