Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

64 Chakas Coves

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Baie goed

Netheid
3.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.6
Veiligheid
4.7
Serena N
1 nag Gesin met tieners
5.0
Aug 2024

Just right. Perfect location and just what we were looking for in an overnight stay on our trip to Mozambique.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karien S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Okt 2023

Die akkomodasie was baie mooi. Kon heeltyd die see sien. Die strand is loopafstand. Kan nie kla oor die verblyf nie. Alles was baie mooi. Die kombuis kort 'n skêr, kasserol vir braai, 'n bak om 'n aartappelgereg in te bak en vatlappies. Jy moet die sleutel in Ballito gaan optel. Daar waar die diens maar swak. Ek kan nie verstaan dat jy 'n week moet wag vir die breekware skade van 'n R1000 nie. Ons was die Dinsdag in en eers die Vrydag het iemand kom hoor of hulle kan skoonmaak. Ek het gese nee, want ons gaan Sondag uit. Dink hulle kan meer kom skoonmaak. Wi-Fi is ook 'n probleem. Mense kan gerus belê in dit. Data is ongelooflik duur. En dalk 'n gas braaier op die stoepie. Dit sal baie help, die braaier is ver van jou af. En die ander probleem is, by jou akkommodasie is dit altyd 'n probleem om in te kom. Die skoonmaker het die sleutel, dan bel jy die mense by Balitto wat nie antwoord nie. Of jy wag totdat iemand in of uit kom by jou akkommodasie. Ek dink net hulle moet aandag gee aan 'n paar dinge, Desember kom. Wat lekker was geen loadshedding nie. Baie dankie daarvoor.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anneliese S
Kort verblyf Gesin met tieners
4.4
Jan 2023

Baie lekker en oulike plekkie naby die see en strand. Baie lekker gebly, alles was daar wat ons nodig gehad het. Sal net voorstel dat 'n air con in sitkamer ingestel word, die kamer word baie warm, veral in die oggende as die son deur die skuifdeur skyn. 'n Opsie vir wifi sou ook goed gewerk het, veral as daar kinders is.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Madelaine J
Kort verblyf Gesin met tieners
1.2
Mrt 2024

Billik. Die eenheid is geadverteer met 'n wasmasjien, en ek het die eenheid gekies omdat my dogtertjie Hokkie gespeel het en ons haar klere moes was. Andersins het ons 'n 2-slaapkamer-eenheid gehuur. Daar was slegs 2 handdoeke, die beddegoed was oud, en die matras van die bed was baie oud en hol. Die advertensie is nie akkuraat nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Andrea A
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Des 2022

Baie netjies en skoon, sal definitief weer gaan. Kombuisie mooi toegerus met al die nodige toebehore, sluit mikrogolf en ketel in, genoeg potte en bakke vir kook. Afdroogdoek, skuursponsie, en skottelgoedseep was voorsien. Genoeg vir 3 dae so vat ekstra saam. Yskas lekker groot en goed koud gehou. Badkamer netjies en skoon, toiletpapier was voorsien en daar was handewassepie,en klein sjampoe. 5 hakies vir handdoeke. Vat eie bad- en swemhanddoeke. Daar was 2 medium gesighanddoekies. Beddegoed vir bank-beddens in TV kamer was voorsien. Banke mooi skoon, die cover op die bank was silwerskoon gewas en die kussings op die bank ook mooi vars en skoon. In die kamer was 'n dubbelbed. En 2 bedkassies met 1 bedlampie. Lugversorger en dakwaaier. Kamerkas het redelik pakplek, groot spieël, beddegoed was skoon en vars. 2 klein tafeltjies vir goedjies pak. Opvoubare wasgoedlyn, besem en mop in kas. Woonstel naby aan die swembad, hierdie woonstel is in die kompleks oorkant die pad, die swembad is in hierdie kompleks. Gemaklike stapafstand strand toe, kan die golwe hoor en die see goed sien. Tuin rondom was elke dag onderhou en gras elke 2de dag gesny. Vriendelike opsigter. Veiligheid goed. Handdoeke, klere, skoene en gazebo op die stoep gelos snags en as ons bedags see toe gaan, en niks was gesteel nie. In die nag stap die nagwag in die kompleks op en af, ek het hom 'n paar keer deur die venster sien stap in die aand. Gesamentlike braaigeriewe. Ons het die gasbraai gebruik op die stoepie voor ons woonstel. Nie seker of mens die gasbraai mag gebruik op die boonste vloere of selfs die grondvloer nie. Maar niemand het met ons geraas nie. Baie oulike plekkie, sal weer daar kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Cheryl S
1 nag Gesin met klein kinders
4.6
Feb 2022

Very nice. Lovely. Clean and tidy.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zane H
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.4
Jan 2022

Lekker plekkie, klein maar alles in orde en skoon en goed geleë naby aan die strand. Sal voorstel dat WiFi ingesluit word.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Johan B
Kort verblyf Gesin met tieners
3.6
Des 2022

Perfekte ligging, loopafstand van die strand af, veilige area. Die verblyf nodig bietjie TLC, die breekware ens pas nie bymekaar nie, en die plekkie het nie vir ons super skoon gevoel nie, die gangkas met die skoonmaak benodigdhede is baie grillerig en langs die yskas lê 'n baie lang tyd se stof en hare wat opgegaar het. Die beddegoed nodig vervang, dis regtig al verweer, van die strooikussings op die banke se ritsluiters is stukkend. Die tafeltjie in die huis se tafelplastiek is geskeur en die tafel buite nodig opknap. Dis steeds leefbaar, maar net iets om na op te let. Dit sou ook baie beter gewees het as die sleutel by die opsigter afgehaal en afgegee kan word, veral as mens met 'n trailer kom is die gebied waar die sleutel opgetel moet word nie geskik vir 'n voertuig met 'n trailer nie, want daar is nie parkeerplek nie. Ons het die oggend gevra vir handoeke, die persoon het haar remote vergeet en ons het mekaar elke keer gemis om nuwe handoeke te kry. Mens sit nie by die verblyf en wag tot iemand een of ander tyd handoeke aflaai nie.

Netheid
1.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Dirk R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.4
Jul 2022

Baie goed geleë. Baie goed gelee. Naby alles. Daar was 'n paar goedjies gebreek in die huis. Maar algeheel baie lekker gebly. Mooi uitsig oor die see. Sal aanbeveel. Net nie braaigeriewe by die woonstel nie. Moet gemeenskaplike een gebruik.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Sarie K
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2021

Wegbreek week gewees. Dit was die moeite werd. Die plek is baby die see, kon die see sien. Baie netjies. Ons het dit vreeslik baie geniet. Sal enige tyd terug kom. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Greg Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 49

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf R1 000
R1 000 R850
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
R1 000 R850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oceanrylaan 43, Shaka Rock, Dolfynkus, 4399, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA495dec1ab607da02c3c8cc15534847268bffd1bdb1d02e298787afb407fd4fb2740a14d9a057a9681066456ad2d74293e905?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R850 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 43 Ocean Drive Shaka Rock 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -29.513939645668 31.230627894402

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang