64 The Shades
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Weaver-singel 23, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
64 The Shades bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n ruim eenheid in Umhlanga, KwaZulu-Natal. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet.
Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser beskikbaar. 'n Etenstafel met sitplek vir 4 langs die kombuis is perfek vir etes. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met satellietkanale en gratis WiFi.
Gaste kan op die ruim balkon met ekstra buite-eetplekke ontspan en dit is ook die ideale plek vir skemerkelkies. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Karyn Geverifieer
Eiendomme 34
Resensies 149
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Weaver-singel 23, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 64 The Shades het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Weaver-singel 23, Umhlanga, Durban, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang