Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

68 On Hofmeyr

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Richard S
Lang verblyf
2.2
Jan 2024

Nie lekker gebly nie. Ons was 'n groep van 6 volwassenes wat 2 eenhede gehuur het en 11 nagte daar gebly het. By aankoms het 2 storte nie dreineer nie, sommige ligte het nie gewerk nie asook die een mikrogolfoond. Die eienaar het dit wel herstel die volgende dag. Die 2 slaapkamerhuis is baie rustic. Die kombuis is ruim en goed toegerus. Die een slaapkamer is nie geskik vir volwassenes nie - jy moet oor die een bed klim om by die ander een uit te kom. Daar is geen bedkassies of bedlampe nie. Die kleiner eenheid het 'n lekker slaapkamer, maar 'n uiters klein leefarea/kombuis. Die braai-area bied geen skadu nie en met die hitte kan mens nie buite sit in die dag nie. Die buurt is 'n hoë misdaad-area - daar is twee keer van ons goed gesteel wat buite oornag in die braai-area gestaan het. Daar was ook diefstal by die huis langsaan. Die eienaar het ons gewaarsku, maar dis moelik om elke aand te onthou om alles in te bring. Ons het met groot moeite ons 2 middelgrootte SUV's onder die afdak ingekry. Te klein. Daar was lugversorgers, maar ons mag dit nie gebruik het - temperature was dikwels oor 30.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
3.0

Sinead L
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2021

Ons het laat besluit op 'n wegbreek Kaap toe om familie te besoek, 68 on Hofmeyr was reg in ons begroting en presies wat ons nodig gehad het in die Strand-area. 68 on Hofmeyr was op die perfekte ligging vir ons vakansie-vereistes. Naby winkels, wynplase en loopafstand van die see. Vriendelike diens tydens ons verblyf. Baie veilig en lekker braai-area om lekker te kuier na 'n dag by die strand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Thania E
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Aug 2019

Dit was heerlik en ons kon gemaklik ontspan. Die gasvrou was baie vriendelik, die woonstelletjie was netjies ingerig en ons het lekker ontspan, lekker fliek gekyk en sommer net oor die algemeen rustig gewees, die plekke was baie diere vriendelik en my hondjie het gedink dis sy eie huis. En dankie dat ons voertuig agter geslote hekke kon staan. Die bed was lekker knus, en beddegoed was sag en het mens laat voel jy kan heeldag in die bed bly. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marisa
68 On Hofmeyr
Beste Thania, Ek is veskriklik bly om te hoor julle het lekker gekuier. Baie dankie vir jou terugvoer, dit word baie waardeer. Ons sien daarna uit om julle in die nabye toekoms weer te verwelkom. Groete, Marisa

Theresa L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2019

Fantasties. Dis ons tweede keer dat ons by 68 On Hofmeyr inklok. Ons word soos familie behandel en nie besoekers nie. Die gasvrou is vriendelik en behulpsaam en laat 'n mens baie tuis voel. 'n Mens is naby alles en die strand is loopafstand van die huis af. Dis baie rustig en veilig daar, kan met jou deur oop slaap, net veiligheidshek gesluit. Sal enige een wat rustigheid soek aanbeveel om na Marisa by 68 On Hofmeyr te gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marisa
68 On Hofmeyr
Beste Theresa, Baie dankie vir jou terugvoer. Dit was vir ons heerlik om julle te akkommodeer. Hartsmense! Ons sien uit na die volgende kuier. Groete Marisa

Margo B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2019

Marisa se hartlike verwelkoming laat jou tuis voel. 'n Baie rustige atmosfeer naby die strand en winkels. Dis baie netjies en sal beslis weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marisa
68 On Hofmeyr
Beste Margo, Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Dit was vir ons heerlik om julle te akkommodeer. Sien uit na die volgende kuiertjie. Groete, Marisa

Lila S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Groot genoeg vir 2 mense en baie gerieflik. Beveel blyplek vir enige iemand wat paar dae oorbly en dorp verken.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Harcourt J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jul 2019

Rustig, veilig, klein maar gerieflik. Die verblyf was aangenaam. Net wat ons wou gehad het. Gerieflik klein en baie rustig. Braaigerief is privaat alhoewel dit begin reën het tydens ons braai. Sou wou eienaar ontmoet.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marisa
68 On Hofmeyr
Beste Harcourt, Baie dankie vir julle terugvoer. Ons is vreeslik bly julle het julle verblyf geniet. Net jammer die weer het nie saamgespeel. Ek vra groot verskoning dat ons mekaar gemis het, wou 'n paar keer kom voorstel, maar dan sien ek die deur is toe en wou nie pla. Beste oplossing is dat julle weer kom kuier, en dan sal ek seker maak dat ek julle persoonlik verwelkom :-) Laat weet gerus as julle weer 'n wegbreek nodig het. Sien uit daarna om julle terug te verwelkom. Groete Marisa

Tania S
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Mrt 2019

Gemaklik atmosfeer. Het baie lekker gekuier, die eenheid was skoon en netjies en baie gerieflik met die braaiplek, ek sal beslis weer daar gaan bly.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Mariske H
Kort verblyf
4.0
Mei 2019

Wonderlik. Dit is 'n oulike plek. Lekker rustig en lekker ontspan.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Keegan A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Mrt 2019

Dit was wonderlik en rustig. Ek het dit geniet, rustig en pragtig.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Marisa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hofmeyerstraat 68, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvz0J4aWQLUcKT0tjo7DWFC0OMWmRZoPWgvTf9oUnweVnDws7Xj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 65 5 1 5 68 Hofmeyer Street Strand 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1213433 18.8341751

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang