69 Lagoon
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 69, Marina Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 200R1 080 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
69 Lagoon is naby Marina Beach in KwaZulu-Natal geleë. Die eenheid spog met 'n pragtige strandmeer-uitsig en is net 2 minute se stap vanaf die swemstrand en luukse geriewe om 'n romantiese of rustige wegbreek te verseker.
Die eenheid het 'n slaapkamer met 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n aparte toilet, stort en 'n wasbak. Die oopplan-eenheid beskik oor 'n sitarea, moderne kombuis en stoep met 'n uitsig oor die strandmeer.
Die moderne kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, vierplaatstoof en lugbraaier toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n gemaklike stoepstel met sitplek vir 4.
Gaste het toegang tot gratis WiFi, 'n slim-TV en 'n Weber-braai. Veilige parkeerplek is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Die verblyf is troeteldiervriendelik vir sekere tipes honde. 'n Groot erf met genoeg gras en beweegruimte verseker honde geniet ook die verblyf.
Aktiwiteite in die area sluit begeleide wandelinge, visvang, snorkel, wynproe, swem, bergfietsry en voëlkyk in.
Die eenheid is stapafstand van die strand en die area is baie gewild onder branderplankryers. Daar is ook 'n kano beskikbaar om te roei op die strandmeer op eie risiko.
Twee strandstoeltjies, 'n koelboks en strandsambreel is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Janine Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Lagoon-rylaan 69, Marina Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 69 Lagoon het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marina Beach Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 69, Marina Beach, Margate, 4275, KwaZulu-Natal