Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 @ Vanderschyff

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

7 @ Vanderschyff bied verblyf in ruim woonstelle vir 5 mense in Annlin, Pretoria. Verblyf word in 3 selfsorg-eenhede gebied.

7A @ Vanderschyff het 'n privaat ingang en beskik oor 1 slaapkamer wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed sowel as 'n enkel-uitvoubed. Die eenheid het 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is 'n gerieflike dubbelslaapbank in die sitkamer. Daar is 'n kombuisie in die leefarea met 'n mikrogolf, yskas, elektriese braaipan, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware.

7B @ Vanderschyff beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en daar is 'n skeiding tussen die hoofslaapkamer en die enkelbed vir die derde persoon. Daar is 'n dubbelbed wat in die sitarea opvou. Die eenheid het 'n goed toegeruste kombuis met 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond, yskas, ketel, breekware en eetgerei. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n groot sitkamer met 6 6-sitplek-bankstel asook 'n 6-sitplek eetkamerstel. Die eenheid het sy eie ingang en sy eie stoep met 'n sitarea. Daar is 'n klein kluis om waardevolle items te stoor, asook 'n alarmstelsel in die eenheid.

7C @ Vanderschyff beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet. In die leefarea is 'n enkelbed. Die eenheid het 'n goed toegeruste kombuis met 'n stoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, breekware en eetgerei. Die oopplan-leefarea het 'n rusbank en 'n 6-sitplek-eetarea. Die eenheid het sy eie ingang en sy eie stoep met 'n sitarea.

Gratis WiFi is in alle eenhede beskikbaar. Veilige parkeerplek word voorsien onder skadunet, agter 'n heining en hekke.

Die verblyf is naby Montana en Eugene Hospitale, 6,3 km vanaf Steve Biko Hospitaal, Onderstepoort en Rosslyn, Kolonnade- en Wonderboom Winkelsentrums, 6,6 km vanaf Wonderboom Lughawe en 4,5 km vanaf die Pretoria Nasionale Dieretuin. Die eenheid is ook maklik bereikbaar vanaf die N1.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ja L
Saam met lewensmaat
5.0
Ons beslis weer daar bly en die plek aan beveel. Die plek het aan al my verwagtinge voldoen en het lekker gebly. Goeie diens gehad van die gasvrou.
Sep 2024
Robyne K
Gesin met klein kinders
5.0
Gemaklik, gerieflik en die belangrikste skoon en netjiese beddegoed. Dit was skoon, rustig en ons het lekker geslaap. Alles wat ons nodig gehad het vi...
Sien meer
Sep 2024
Clarisa E
Saam met vriende
5.0
Vriendelike diens. Klein maar het alles wat ons nodig kon hê. Bietjie klein, maar ons het net een nag gebly en ons het niks kortgekom nie.
Sep 2024
Herman V
5.0
Skoon, netjies en baie vriendelike diens. Sien sterre.
Aug 2024
Jn B
Gesin met tieners
5.0
Tuis gevoel. Baie netjies en skoon. Groot spasie met 'n lieflike tuin wat privaat is.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Adrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
  • Gaste dink 7 @ Vanderschyff het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Schyff-straat 7, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnEpecMN8KSpTKqGWRtDwyGGDxxMzxj9O4VFumwrXjDchbrgW36?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 70 5 1 5 7 Van Der Schyff Street Annlin 0182 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.687417524037 28.194542148479

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang