Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7 Shades

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weaver-singel 23, The Shades, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

7 Shades is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel wat in 'n veilige kompleks in die hartjie van Umhlanga geleë is. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende aangesien hierdie eenheid net 'n entjie van die strand af is.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer wat 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die woonstelblok het 'n gemeenskaplike swembad op die perseel met gemeenskaplike braaigeriewe in die tuine.

Daar is ook 'n omheinde patio met 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Deur die stapeldeure is 'n ruim tuin en die kompleks bied veilige parkeerplek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Martin Geverifieer

Eiendomme 74

Resensies 133

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Weaver-singel 23, The Shades, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 7 Shades het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Weaver-singel 23, The Shades, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9e659a4be239275bae251ddf148ef189b63b35aa6799a6ec56cd4aeac0cf7e40d43ce599d99043e9699a1abdcd2fb9217242?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 23 Weaver Crescent The Shades 4320 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.7214765 31.0863141

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang