Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

701 Oyster Rock

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-weg 2, Oyster Rock 701, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R7 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

701 Oyster Rock is 'n selfsorgwoonstel in die hartjie van Umhlanga Rocks en 80 m vanaf die hoofswemstrand. Dis ook naby verskeie restaurante, kroeë en winkels in die omgewing.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het ook 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne, -badhanddoeke en -swemhanddoeke word voorsien. Daar is lugversorging in elke slaapkamer en plafonwaaiers in die sitkamer en eetarea.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en daar is 'n toonbank met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien.

Die sitkamer het skuifdeure wat op 'n balkon met 'n pragtige see-uitsig oopmaak. Gaste kan hul oggendkoffie of skemerkelkies daar geniet. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Daar is 'n swembad en braaigeriewe beskikbaar. Die kompleks het ook veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Kirsty Geverifieer

Eiendomme 63

Resensies 203

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Lighthouse-weg 2, Oyster Rock 701, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 701 Oyster Rock het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 7 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lighthouse-weg 2, Oyster Rock 701, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbb1ad6ed22bd606115fdc934a1ab407e8f5de90b858bba5beb3b46dfe1ef3e134245ace28d193a7522b88af056aa871567e0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 250 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 2 Lighthouse Road 701 Oyster Rock 4320 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.727669893575 31.086462169312

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang