The Eagle's Nest
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-rylaan 71, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 625 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
The Eagle's Nest is 'n pragtige selfsorghuis met 'n see-uitsig in die kusdorpie Zinkwazi Beach, KwaZulu-Natal. Hierdie huis is ideaal vir 'n gesinsvakansie naby die strand.
Dié huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2-enkelbeddens vir kinders. Die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens en hierdie gaste het toegang tot 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die eetarea het 'n stapelbed vir 2 kinders. Alle slaapkamers het plafonwaaiers. Linne, handdoeke en strandhanddoeke word voorsien.
Daar is 2 groot leefareas wat oor 'n eetarea, kroegarea, kombuis en 'n opwaskamer beskik. Die formele sitarea het oorgenoeg gemaklike sitplek en 'n panoramiese see-uitsig. Langs hierdie area is 'n kroegarea met 'n yskas-vrieskas, vrieskas, eetgerei, breekware, 'n kroeg met stoele. Die ander sitarea het 'n gemaklike rusbank, TV, lugversorging, etenstafel en 'n stapelbed vir kinders. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, lugbraaier, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.
Die leefarea se skuifdeure lei na 'n stoep met 'n etenstafel. Daar is ook 'n onderdakstoep met buitemeubels en 'n braai. Gaste het toegang tot 'n swembad met sonstoele, 'n omsetter wat krag aan die TV voorsien en herlaaibare ligte. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Hierdie verblyf is naby winkels, restaurante en die strand.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Panorama-rylaan 71, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Gaste dink The Eagle's Nest het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-rylaan 71, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang