Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

79 Bessie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bessiestraat 79, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 600 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

79 Bessie is in 'n rustige woonbuurt van Stilbaai geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lewendige omgewing. Dit is naby die strand en ander geriewe wat dit die ideale plek vir 'n groot gesin of vriende op soek na 'n kuswegbreek maak.

Dié verblyf beskik oor 'n drieslaapkamerhuis en 'n aparte tweeslaapkamerwoonstel en bied slaapplek aan 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort.

Die hoofhuis se kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel toegerus. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, kisvrieskas en 'n koffiemasjien. Die leefarea het 'n binnebraai wat ook as 'n kaggel dien, daar is ook gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Dit lei na 'n sonkamer met 'n tweede braai-area en 'n buite-etenstafel.

Die slaapkamers in die woonstel het onderskeidelik 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die gaste in die tweede slaapkamer gebruik 'n aparte badkamer. Elke badkamer het 'n stort. Die oopplan-kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die leefarea het 'n gerieflike sitarea, TV, toonbank en 'n ingeboude braai. Buite die woonstel is 'n boma.

Gratis WiFi en parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is ook 'n omsetter om kragonderbrekings te vermy.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
DStv
Braai

Ligging

  • Bessiestraat 79, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 600
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 6 600
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bessiestraat 79, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5edf1221a20b90a03a23528716b44247d0cc412261a13894b2472f92e875b955e343248ba481a19ac7182984dc8c0f54cf1e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 600 per nag, vir 10 mense 79 Bessie Street Still Bay West 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.386544373817 21.402478110113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang