Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

7th Hole Golf Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Francolin-rylaan 9, Koro Creek, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Vanaf R1 520 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

7th Hole Golf Lodge is in die Koro Creek Golflandgoed in die Limpopo Waterberg in Modimolle geleë. 7th Hole Golf Lodge bied gehalte verblyf wat ideaal is vir sakereisigers of oornag gaste wat net 'n bietjie uit die stad wil ontsnap.

Verblyf bestaan uit 2 luukse kamers, 4 standaardkamers en 'n gesinskamer.

Die 2 Luuksekamers het elk 'n volle badkamer met 'n toilet, bad, stort en 2 wasbakke. Die kamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kamer het ook 'n yskassie, lugversorging, TV en WiFi.

Die Standaardkamers het elk 'n volle badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Die kamers het elk 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die kamer is ook met 'n yskassie, lugbversorging, TV en WiFi toegerus. Die kamers het hulle eie braai-area.

Die gesinskamer het 3 enkelbeddens waarvan 2 op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die badkamer het 'n toilet, stort en 'n wasbak. Ander geriewe sluit 'n yskassie, waaier, TV en WiFi in.

Die lodge het 'n klein gemeenskaplike swembad op die perseel by die lapa, asook 'n braaiarea.

Die lodge kan as 'n geheel bespreek word vir groepe of familie byeenkomste.

Koro Creek Golflandgoed het 'n klubhuis en restaurant.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Helga O
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflik. Fantastiese area. Ongelooflik veilig en netjies. Waarde vir geld. Erika is vreeslik behulpsaam en baie vriendelik.
Jul 2024
Trevor M
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustige plek vir 'n golf naweek saam vriende! Diens baie goed. Het heerlik gekuier. Lodge is puik geleë - stil, uitsig op die golfbaan en lekke...
Sien meer
Apr 2024
Anita G
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon akkommodasie, lekker uitsig, goeie ontbyt, definitief waarde vir geld. Baie lekker gebly, uitstekende ontbyt.
Des 2023
Elmarie D
5.0
Thanks Marietjie for an awesome stay! Great stay as well. Worth the money spent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Zeenat T
Gesin met klein kinders
5.0
Clean and peaceful. Friendly and helpful housekeeping. Good service. Clean room. Easy access. Nice kitchen. Excellent housekeeping.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Kitty Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Francolin-rylaan 9, Koro Creek, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink 7th Hole Golf Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 520
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 520
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Francolin-rylaan 9, Koro Creek, Modimolle, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87ed228296dbbab0589809f57cac87c54c5b9eb31dba87d4e471fe5e28029977684427fff30dcc9ae1921422fc2e8b71ab32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 520 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 9 Francolin Drive Koro Creek 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.69701293651 28.392672810141

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang