Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

801 Ocean View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard 26, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Geleë in die gewilde Bloubergstrand, is 801 Ocean View 'n pragtige dakwoonstel op die agtste verdieping van die veilige Ocean View-woonstelgebou en spog met panoramiese uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en Tafelberg.

Dié dakwoonstel met lugversorging het slaapplek vir altesaam 5 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers wat direkte toegang tot die ruim balkon het. Die hoofsuite is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het see-uitsigte regdeur sowel as 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, ysmasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer beskikbaar.

Langs die kombuis is daar 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV asook 'n eetarea met slaapplek vir 8 gaste. Daar is nog 'n sitarea wat ideaal is om met 'n koppie tee of koffie te ontspan.

Deur die skuifdeure van die eetarea is daar 'n groot balkon met buitesitplek asook 'n ingeboude braai waar gaste die meeste van hul tyd sal deurbring terwyl hulle die uitsigte ten volle bewonder. Gaste kry veilige ondergrondse parkeerplek in 2 toesluitmotorhuise.

Kamer-opset

Kapasiteit: 5 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Damion Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 14

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Beach Boulevard 26, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard 26, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe139697298f20910efccfa20a8718f1c6a0dda22d6defc2e7866d953a0ef88a6fdf70582e144c457c2d73bfaee9c809cf718?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 5) 26 Beach Boulevard Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.81839 18.47531

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang