801 Ocean View
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard 26, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R2 800 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
801 Ocean View is 'n dakwoonstel op die agtste verdieping in Bloubergstrand en spog met 'n panoramiese uitsig oor die Atlantiese Oseaan en op Tafelberg.
Hierdie dakwoonstel met lugversorging is geskik vir 5 gaste en het 3 slaapkamers wat toegang tot die groot balkon het. Die hoofsuite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed. Hierdie 2 kamers gebruik die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n see-uitsig en die kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, ysmasjien, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwasarea.
Die knus sitarea is langs die kombuis en het gemaklike sitplek, 'n TV en 'n eetarea met sitplek vir 8 gaste. Daar is nog 'n sitarea waar gaste met 'n koppie tee of koffie kan uitspan.
Die skuifdeure lei na die eetarea en daar is 'n groot balkon met buitesitplek en 'n ingeboude braai. Daar is veilige ondergrondparkeerplek in 2 toesluitmotorhuise.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Damion Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 16
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Beach Boulevard 26, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bloubergstrand Milnerton Rural Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Boulevard 26, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang