Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

9 on Main

Selfsorg

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Bernice L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2022

Perfek en baie oulike plekkie ons het die plek baie geniet. Sal weer hier bespreek vir die toekoms. Het reeds vir mense aanbeveel. Ons kan rerig nie genoeg dankie sê vir 'n lekker naweek met oulike verblyf. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Henrietta B
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Jan 2022

Plek was baie skoon, netjies en mooi decor met alles wat mens nodig het en meer. Alles was baie lekker behalwe vir die beddegoed wat nie gereed was toe ons om 14:00 ingeboek het nie. Hulle het gesê hulle sal dit later kom doen. Later het 5 uur geraak, maar ons was moeg gewag en het langs die see gaan stap. Die dame het vir ons gesê sy moet ongelukkig haar mense huis toe vat en kan nie 20 minute vir ons wag nie (nadat ons meer as 2 ure sit en wag het vir hulle om uit te kom) en ons moet maar self die beddens oortrek. Die beddegoed was nog half klam en ek vind dit onaanvaarbaar dat daar nie 2 stelle beddegoed vir elke bed is nie. Met ander woorde, as daar was sou als reg gewees het voor ons ingeboek het. Ek moes R300-sleuteldeposito kontant betaal, wat ek nie 'n probleem mee het nie, maar hulle gee dit nie kontant terug nie (ek verstaan nie die konsep van kontant betaal dan nie). Ek wag ook nog steeds vir die terugbetaling daarvan en hoop regtig hulle gaan dit nie kontant inbetaal nie, want dan gaan ek bankkostes hê daarvoor. Die DStv het ook nie gewerk nie, even nadat ons vir bystand gevra het. Ons moes ook al die kaste deursoek vir toiletpapier en was gelukkig om heel bo in 'n kas 2 rolle te kry. Vind dit ook vreemd. Buiten die paar hiccups was alles baie lekker.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Stefan
9 on Main
Goeie Middag Henrietta Die terug betaling van die sleuteldeposito is gemaak op die 13de Januarie, 4 dae na julle vertrek. Soos gemeld op lekkeslaap se webtuiste is hierdie selfsorg akkommodasie en moet die huurder hul eie toiletpapier, seep en ander skoonmaak produkte saambring. Ons is baie jammer oor die beddegoed situasie, ongelukkig was daar daardie oggend 'n ruiling en was die eerste stel nog besig om gewas te word toe julle incheck. Ons sien uit om julle weer in Struisbaai te verwelkom.

Hardy L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2021

Netjies, veilig, waarde vir geld. Baie netjiese plek en knus. Sal beslis terug kom. Was ook baie vriendelik ontvang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hilda G
Kort verblyf Gesin met tieners
4.6
Apr 2021

We enjoyed every minute! Very modern, has everything you need. Very cosy!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Stefan Geverifieer

Eiendomme 40

Resensies 170

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 250
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 9, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2143345fafa7f7c567b9ad8ecacf020d818932d26f8385e030856cb7c61e45084fe6066162748bb45f4aa1bc326ebb6409b9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 9 Hoofweg Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.796193888281 20.043339247221

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang