Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

9 On The Waves

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Foamweg 3, The Waves 9, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 665 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

9 On The Waves is 'n pragtige selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Bloubergstrand. Hierdie pragtige woonstel met 'n see-uitsig is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek aan die kus van die Moederstad.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed; net die hoofslaapkamer het egter 'n see-uitsig en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar in hierdie woonstel.

Hierdie leefarea maak oop op 'n oulike balkon met sitplek wat die perfekte plek is vir beide 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie in die aand terwyl jy die uitsigte oor die see en die ikoniese Tafelberg bewonder.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir 9 On The Waves
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 719

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Foamweg 3, The Waves 9, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink 9 On The Waves het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 665
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 665
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Foamweg 3, The Waves 9, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd4fd861e4a4c1f694d7f5d7db45ce7efe1e8beaca7c875700bf2d889afebbc208da136dd72efcacad26a992b0226559c495?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 665 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 3 Foam Road 9 The Waves 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.817537 18.474997

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang