A Cherry Lane Self-Catering and B&B
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Nita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 94
Op LekkeSlaap 10 jaar
Opsomming van Resensie
Marietjie U - Jul 2024
Algehele gradering
Gerieflike plek met gawe gasheer.
Jean-lynn V - Jan 2024
Algehele gradering
Gerieflike oornag.
Samantha D - Mrt 2023
Algehele gradering
Lovely stay.
Etresia Struwig S - Mei 2024
Algehele gradering
Vir een nag se slaap was dit gerieflik.
Leon V - Mrt 2024
Algehele gradering
Uiters swak hantering deur bestuur van goed wat nie gewerk het nie.
Heleen V - Jan 2023
Algehele gradering
Beste gastehuis in Bloemfontein. Was nog nooit teleurgesteld nie.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Dankie Heleen, ek hoop nie ek sal julle ooit teleurstel nie. Baie dankie vir die bemoedigende woorde. Dit gee ons rede om net altyd ons beste te lewer. Julle is altyd welkom by ons en ons sien uit om julle weer te sien. Nita, Kassie en die span
Shimone B - Jan 2023
Algehele gradering
Gerieflik, mooi en vriendelik.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie, Shimone. Ons waardeer die goeie terugvoering en die uitstekende punte wat jy vir ons gegee het. Waardeer opreg. Warm Cherry-groete. Nita
Natasja E - Mei 2023
Algehele gradering
Heerlike, rustige verblyf!
Tinus E - Jan 2023
Algehele gradering
Die akkommodasie wat ons gehad het het goeie waarde vir geld gebied.
Lees meerA Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Tinus, baie dankie vir die pragtige terugvoer. Weereens jammer vir die ongerief van die ontwrigtende omstandighede. Ons is nou weer terug na normaal en kan bietjie asemhaal. Ons was so dankbaar vir die besige seisoen, maar ons personeel moes hulle sit en staan behoorlik geken het. Baie dankie dat jy na ons sonkrag stelsel verwys en dat ons (meestal) nie meer geaffekteer word deur beurtkrag nie. Ons is ook nie meer afhanklik van die munisipaliteit wat water betref nie. A Cherry Lane is selfversorgend en ons is baie trots daarop en kan ons maar roem daarop. Mooi jaar vorentoe en nogmaals dankie vir julle ondersteuning. Cherry-groete van Nita, Kassie en die res van ons span.
Hanlie P - Apr 2023
Algehele gradering
Teleurstellend.
Shimone B - Des 2022
Algehele gradering
Stunning!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie baie dankie, ons sien uit om jou weer te sien. Cherry-groete. Nita
Runelle P - Des 2022
Algehele gradering
Oorslaap op pad vanaf vakansie.
Elzette T - Des 2022
Algehele gradering
Oase na lang dag se ry.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Elizabeth, hoe maak jy nou so pas my dag.
Baie, baie dankie vir hierdie pragtige terugvoer en dat jy ons ou sonpaneeltjies noem. Ja, vandag is dit iets om oor baie trots te wees en ook dankbaar ons het dit ingesit. Enige mense wat voortaan sonder probleme wil oornag, ons mag dalk probleme hê, maar krag en water is nie sommer een van hulle nie.
Die Here seën jou.
Groete
Nita
Dominique O - Des 2022
Algehele gradering
Wonderful stay.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Thank you Dominique. We appreciate your compliment and hope to see you again soon.
Enjoy the holiday season and we hope you will have a blessed 2023.
Cherry-greetings
Nita
Elmarie P - Sep 2022
Algehele gradering
Gerieflike oornagbestemming.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Elmarie vir jou positiewe terugvoer. Dit word opreg waardeer.
Ons is tans besig met die opknappingsproses, so ons hoop dat ons gaste die dakkies wat ons opsit sal geniet by die selfsorgplekkies.
Hoop om julle gou weer te sien.
Cherry-groete
Nita
Gaynore S - Apr 2022
Algehele gradering
Fantasties, mooi en rustige plaaslewe.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Gaynore, baie dankie vir jou wonderlike terugvoer. Dit beteken die wêreld vir ons as ons opbouende terugvoer ontvang. In 'n negatiewe wêreld van vandag moet ons alles probeer om ons gaste positief en vriendelik te ontvang en te behandel.
Cherry-groete
Nita van Zyl - Eienaar
Bea D - Jan 2022
Algehele gradering
Heerlike kuier, pragtige swembad en vriendelike gashere. Ons het 'n hond saam gehad en hulle het haar goed geakkommodeer.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hi Bea
Baie baie dankie vir die mooi woorde. Ons waardeer dit regtig baie. Ons is baie bly dat julle jul kuier hier by ons geniet het! Ons kan nie wag om julle weer met ope arms te ontvang nie.
Sien julle weer!
Cherry-groete,
Nita en Span.
Celest P - Des 2022
Algehele gradering
Gerieflik en gepas.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Dankie Ceslest.
Jou terugvoering is vir ons baie werd.
Geniet die Kerstyd en mag 2023 'n geseënde jaar vir julle wees.
Cherry-groete
Nita
Elmarie P - Mei 2022
Algehele gradering
Gerieflike oornagstop.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Elmarie vir jou mooi terugvoer. Dit word opreg waardeer vir elke goeie woordjie. Ons kry baie houe rakende ons pad, maar daaraan kan ek nie iets doen nie. Ons munisipaliteit is bankrot gesteel en nou pluk ons die vrot vrugte daarvan. Geen padskrapers of diesel of sommer net stakende werkers wat nie betaal word nie.
Maar gelukkig is ons nog steeds positief en mense se opbouende kritiek maak dat ons nie moed verloor nie.
Mooi bly en bly mooi.
Cherry-groete
Nita - Eienaar
Annali B - Des 2022
Algehele gradering
Goeie verblyf.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Annali. Waardeer die goeie terugvoer wat jy ons gegee het. Ja, ek dink dit moes die N1 gewees het. Baie keer hang dit af van hoe die wind waai, maar as dit so van die Suid-Ooste af kom, dan bring hy die besige N1 na ons kant toe. Jammer daaroor.
Groete
Nita
Johann H - Nov 2022
Algehele gradering
Oornag.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Johan. Ons waardeer die terugvoering.
Cherry-groete,
Nita
Mia V - Okt 2022
Algehele gradering
Rustig en gesellig.
Anton P - Mrt 2022
Algehele gradering
Lekker gerus op baie stil plek.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons waardeer dit opreg.
Jammer vir die pad. Hoop om julle weer vorentoe te sien.
Seënwense vir julle.
Cherry-groete
Nita - Eienaar
Ronel U - Aug 2022
Algehele gradering
Baie skoon en gemaklik vir ons groep met kinders en diere.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hi Ronel
Baie baie dankie vir die mooi woorde! Ons hoop om julle weer te sien.
Lekker dag verder.
Cherry-groete,
Gerhard du Plessis - Assistent Bestuurder
Francien M - Jan 2022
Algehele gradering
Baie ruim verblyf, gerieflik en netjies! Vriendelike ontvangs.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hi Francien,
Baie dankie vir hierdie wonderlike terugvoering. Ons waardeer dit uit die diepte van ons harte. Ek vra regtig groot onverskoning vir die pad oppad na ons toe. Ons is wel besig om met die Departement van paaie te praat om die pad weer in `n werkende toestand te kry. Ek hoop ons sien jou en jou gesin vinnig weer by ons.
Lekker dag verder.
Cherry-groete
Nita en Span
Anonieme gas - Aug 2022
Algehele gradering
Marcel N - Aug 2022
Algehele gradering
Lekker gebly, klein bietjie teleurgesteld.
Lees meerA Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Ons waardeer die deeglike terugvoer en sal ek 'n punt of twee kan beantwoord.
Ons het vir Gerrie gebruik om vir ons in te staan tydens ons ruskansie. Hy is 'n drama student en daarom so bietjie anders as ons normale mense. Hy is baie lief en dierbaar en hanteer ons gaste baie vriendelik.
Ons is bewus van die pad, en tans is dit 'n landswye probleem, aangesien ons eie munisipaliteit geensins dienste lewer soos in die verlede nie. As ons die paaie geskraap wil hê moet ons self daarvoor betaal.
Ek is bly julle het toe die regte kamer gekry soos bespreek. Ons vra verskoning dat Gerrie julle die idee gegee het dat hy nie lus is om vir julle 'n ontbyt te gee nie. Ek sal voortaan vir die persone wat vir ons instaan, wel deeglik inlig oor hulle diens aan die publiek en dat dit deel is van hulle werksbeskrywing, daar is nie 'n verskoning daarvoor nie.
Ek het ook met die skoonmaker gepraat en haar op haar fout gewys deur nie die yskas skoon te maak nie. Ons sit graag vir ons gaste klein bietjie vars melk in die yskas vir hulle gebruik. Ek dink omdat Gerrie julle in die ander kamer ingeboek het, het hy vergeet om julle melk ook oor te skuif.
Daar is orals kragpunte in die kamers, en indien daar nie is nie, sal ons enige tyd kan help met 'n tweepunt prop.
Ons gebruik 'n reukweerder wat met 'n batteryaangedrewe masjientjie werk wat elke 30 minute afgaan. Dit kon wees dat my skoonmaker nie agtergekom het dat die batterye pap was, of dat die bottel leeg was nie. Ons sal aandag aan die badkamer gee soos genoem in u verslag.
Ons is geleë op 'n 4.28 ha kleinhoewe en is die area te groot om dit heeltemal met staal te omheim, maar daar is wel 'n sekuriteitshek wat met 'n kode werk en 'n persoon moet eers ingeboek wees alvorens hulle die kode van die hek kan kry om in en uit te gaan.
Die meeste van ons fasiliteite is op ons webtuiste waar gaste hulle self kan vergewis van al ons fasiliteite, ook ons eetkamergedeelte waar ons op versoek aandetes en ontbyte bedien.
Wat die TLC aanbetref, is ons tans besig met opknapping en is ons wegtrek by ons selfsorgeenhede.
Weereens baie dankie vir al die idees en deeglike terugvoering op julle verblyf hier by A Cherry Lane Self Catering and B&B.
Vriendelike Cherry-groete
Nita van Zyl
Charles H - Okt 2022
Algehele gradering
Uncomfortable.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hello Charles
I am sorry you feel that way. We make use of Cloud Nine mattresses, but we will check it out and sort out the problem.
Keep well.
Nita
Debbie B - Jul 2021
Algehele gradering
Perfect halfway stop.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hello Debbie,
Thank you for this wonderful review. Hope to see you soon.
Take care.
The Cherries from A Cherry Lane
Kassie & Nita
Issabel C - Apr 2021
Algehele gradering
Baie lekker!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Issabel vir jou aanbevelings en jou terugvoer. Ja in hierdie dae het ons aanbevelings baie nodig, want alles is maar deurmekaar. Ons hoop om julle sommer spoedig weer te sien.
Pas julle self op.
Baie Cherry-groete
Nita en Kassie
Donovan S - Apr 2021
Algehele gradering
Pleasant.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Thanks, Donovan. Hope the friendliness will lead you back to us.
Keep safe.
Nita
Charmaine V - Feb 2021
Algehele gradering
Pragtige plek met 'n goeie ligging vir reisigers
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Charmaine. Wonderlike terugvoering. Ek waardeer die mooi woorde en jou aanbeveling. Sal definitief help vir ander wat ook hier wil oornag.
Hoop ons sien jou sommer weer gou-gou.
Cherry-groete
Nita en die Span
Jacobus G - Jan 2021
Algehele gradering
Alles was perfek.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Ek is baie bly om dit te hoor. Baie dankie vir die pragtige review. Ons hier by A Cherry Lane waardeer dit baie.
Cherry-groete en hoop om julle sommer baie gou te sien.
Nita en die Span
Pr V - Des 2021
Algehele gradering
Lekker gebraai en gekuier.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Pr, baie dankie vir die goeie terugvoering wat ons gekry het. Hoop om julle weer te sien.
Cherry-groete
Kassie, Nita en die span
Shirley V - Aug 2021
Algehele gradering
Baie dankie vir die gasvryheid, vriendelikheid en mildelike ontvangs.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie, Shirley. Ons waardeer die mooi woorde en die lekker kuier. Hoop ons sien julle weer binnekort.
Cherry-groete,
Nita en Kassie.
Colin H - Apr 2021
Algehele gradering
Lekker "plaas" atmosfeer.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Colin, baie dankie vir jou terugvoer. Ja ek voel ook baie rustig hier buite die stad. Dit is altyd vir my baie lekkerder om die geluide van die natuur en voëltjies te hoor in plaas van die karre en hulle "hooters". Ons is ook aansienlik baie veiliger as in die stad. Met die Here se genade het ons nog nooit probleme van inbrake of diefstal of enige so iets hier by ons ervaar in die afgelope 14 jaar nie.
Ons is baie bly dat ons julle kon help met aandete. Dit is nie 'n 5 gang maal nie, maar gelukkig het julle nie honger gaan slaap nie, en dit is wat belangrik is.
Pas julle self mooi op en ons hoop om julle weer binnekort te sien.
Cherry-groete
Nita en Kassie
Hannes V - Jan 2021
Algehele gradering
Was 'n lieflike plek en gemaklik uit die dorp.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Hannes, vir die positiewe terugvoer. Ons is baie jammer oor die pad, maar net baie bly oor die reën. Dit sou definitief nie so gelyk het indien ons regering meer dienslewering georiënteerd was nie.
Ons is tans besig met 'n petisie met betrekking tot ons paaie in ons buurt en hopelik sal ons later reaksie uit ons munisipaliteit kry, of ons sal seker maar self 'n plan moet maak.
Mooi bly
Nita en die res van die span.
Paul V - Des 2021
Algehele gradering
Vriendelik, hulpvaardig, lekker gekuier.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie. Dit was lekker om julle by ons te hê. Hoop om julle weer te sien.
Nita
Paula H - Nov 2021
Algehele gradering
Quick sleep over, close to highway, comfortable and open air!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Thank you Paula.
Well said.
Cherry-greetings
Nita and The Team
Shavonne M - Jan 2021
Algehele gradering
Very peaceful and cosy.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Shavonne.
Waardeer die terugvoering.
Karen B - Des 2021
Algehele gradering
Lekker rustige plek. Great vir oornag.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Dankie vir die kommentaar. Ons het dit herstel, maar sal ongelukkig nou nie 'n groter bad in die eenheid kan insit nie. Miskien in die nabye toekoms.
Cherry-groete
Nita
Willem V - Nov 2021
Algehele gradering
Rustige omgewing.
Rob M - Aug 2021
Algehele gradering
Convenient overnight stay at a reasonable price.
Erica G - Des 2021
Algehele gradering
Teleurgesteld.
Lees meerA Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
As 'n persoon onvriendelik, nors en ongeskik met my is, kan ek nie die nut sien hoekom ek myself moet verneder en voor so 'n peroon kruip, nadat ek vriendelik en met respek gegroet en mense verwelkom het nie.
Die droë hondebol kan nie waar wees nie, aangesien daar die vorige nag ook mense gebly het, en my personeel is baie deeglik en sal nie hondepoef net so los nie......
Dit was die 23ste Desember 2021 en ons het toegemaak sodat ons personeel ook kon rus en kersfees geniet saam met hulle familie en naastes, daarom het ek 'n versoek gerig om u te kon skuif na 'n ander eenheid.
Ek het die DStv probeer instel, maar die Android Boks wou nie sy samewerking gee nie.
Baie jammer dat u nou so 'n slegte ervaring by ons gehad het.
Nita
Dave H - Des 2020
Algehele gradering
Voel soos huis van die huis.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hi Dave
Sjoe, dit is 'n baie oulike terugvoer van jou kant af. Ek is bly jy kon al die dierelewe beleef en geniet. Sonder al hierdie diere sou ons seker maar 'n saai lewe gehad het. Baie dankie ook vir die kompliment. Ons hoop om julle elke keer te verwelkom wanneer julle verby Bloemfontein ry.
Cherry-groete
Nita en Kassie
Adele C - Des 2020
Algehele gradering
Baie behulpsaam, mooi en netjiese verblyf.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Adele vir hierdie pragtige, kort en kragtige terugvoer. Was baie lekker om julle te kon ontmoet. Voorspoedige 2021 en ons hooo ons sien julle weer.
Cherry-groete
Nita en die span
Natie M - Nov 2020
Algehele gradering
Voel soos by die huis.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Ellen vir hierdie pragtige stukkie skrif.
Dit laat my hart sommer warm klop.
Waardeer dit opreg.
Nita
Adelle D - Feb 2020
Algehele gradering
Gasvry, baie vriendelik en behulpsaam. Baie stil en veilig. Ideaal vir mense met kinders. Swembad, ponies en klimraam.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hi Adelle,
Baie dankie. Ons sien uit daarna om julle wer in die tekoms te akkommodeer.
Cherry-groete,
Kassie, Nita en span
Lindrie G - Des 2020
Algehele gradering
Bed is great.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Thank you. Great review, short and sweet.
Hope to see you again soon.
Cherry greetings,
Niya and the Team.
Stephan M - Feb 2020
Algehele gradering
Geniet.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir die resensie. Ons sien uit daarna om julle weer in die toekoms te akkommodeer.
Cherry-groete
Kassie, Nita en span.
Nikki A - Jan 2020
Algehele gradering
Wonderlik.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir die resensie. Ons hoop om julle gou weer by ons te akkomodeer. Voorspoedige 2020.
Cherry-groete
Kassie, Nita en span.
Madelein V - Feb 2020
Algehele gradering
Rustig.
Lees meerManda E - Nov 2020
Algehele gradering
Dit was 'n teleurstelling.
Dirk U - Des 2019
Algehele gradering
Dit is 'n baie lekker gastehuis en waarde vir jou geld.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir die vriendelike en kragtige resensie wat u vir ons gegee het. Voorspoed vir 2020 en hoop om julle weer gou te sien.
Cherry-groete,
Kassie, Nita en die Span
Marietjie U - Mrt 2019
Algehele gradering
Gesellige oornagplek met ruimte vir kinders om te speel.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Marietjie,
Baie dankie vir pragtige komplimente. Ons waardeer dit so opreg vir 'n ou goeie woordjie of twee.
Ons hoop om julle gou weer te sien.
Cherry-groete
Nita, Marietjie en die span.
Natalie V - Mei 2019
Algehele gradering
Lovely, comfortable rooms.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Pragtige, gemaklike kamers.
Goeie verblyf. Kamers smaakvol. Net 'n stryd met die stortkop in ons eenheid gehad, maar anders as dit perfek is vir ons stop.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Tania M - Jan 2019
Algehele gradering
Die mense is baie vriendelik en behulpsaam.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir julle terugvoer. Dit was net n plesier om vir julle ontbyt te maak. n Geseende nuwe jaar vir julle. Cherry groete Nita en die span.
Lynette W - Apr 2019
Algehele gradering
Heerlik gebly.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer en die moeite daaraan verbonde, ons waardeer dit.
Hoop julle 2020 is 'n geseënde jaar en om julle dalk weer gou te sien.
Cherry-groete
Kassie, Nita en die span
Chanelle B - Des 2018
Algehele gradering
Baie netjiese plek met vriendelike personeel.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Chanelle vir die uitstekende terugvoer. Dit is vir ons baie lekker om tevrede gaste weg te stuur. Sien uit daarna om julle weer te sien. Hoop julle het 'n baie geseënde 2019.
Cherry-groete,
Nita, Kassie, Marietjie en die span
Reinette D - Nov 2018
Algehele gradering
Wonderlike verblyf.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Ag dit was net 'n plesier om vir sulke oulike mense kos te maak. Ek is bly julle het dit geniet, en dat julle sommer weer by ons aangekom het met die terugkom slag. Jammer ons kon nie veel woorde wissel met julle laaste aankoms nie, maar ons hoop om julle nog baie te sien.
Baie dankie vir die kompliment.
Cherry-groete
Nita, en die span
Coenie L - Sep 2018
Algehele gradering
Baie gemaklik en gerieflik.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Beste Coenie,
Baie dankie vir jou terugvoer, dit word opreg waardeer.
Groete,
Nita en die span
Janet H - Apr 2018
Algehele gradering
Awesome!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Wow! Thank you very much for this great review. I am happy to see that you loved A Cherry Lane Self Catering and B&B.
Hope to see you soon.
Regards,
Nita
Karin D - Aug 2018
Algehele gradering
Uitstekende diens en vriendelikheid.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Fantasties. Baie dankie vir hierdie wonderlike terugvoer. Dit is werklik 2 van ons mees belangrikste mikpunte om te alle tye vriendelik en gasvry te wees. Hierdie tipe terugvoer maak die gasvryheidsbedryf absoluut die moeite werd.
Hoop ons sien julle sommer spoedig weer.
Cherry-groete,
Nita, Kassie en die res van ons span
Linda B - Mei 2018
Algehele gradering
Friendly, clean and easy access to highway for overnight stay.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Vriendelik, skoon en maklike toegang tot die hoofweg.
Dit was die perfekte oorslaapplek op pad na die ooskus. Vriendelike mense en 'n vriendelike hond. Skoon en voldoende verblyf, uitstekende ontbyt. Ons sal dalk meer van hul selfsorgverblyf hou en sal dit volgende keer probeer.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Thank you Linda, this means a lot to us. Yes, Laika is so adorable and we love her so much. I just wish we can get rid of that cone she is wearing all the time. You can really try out our self-catering units. It works very well for families. Thank you for the compliment regarding the breakfast.
Hope to see you soon again.
Cherry-greetings,
Nita, Kassie and the Team
Stephan M - Mrt 2018
Algehele gradering
Rustig.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir goeie terugvoer, ons waardeer dit opreg.
Cherry-groete,
Nita
Marne M - Jan 2018
Algehele gradering
Ons het lekker uitgerus vir die volgende dag se verder ry.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Beste Marne,
Baie dankie, dit was vir ons ook lekker om julle hier by ons te kon hê. Dankie ook vir die kompliment oor die melk, dit wys ons dat gaste vars melk sal waardeer.
Hoop om julle gou weer te sien.
Cherry-Groete,
Nita en die span
Alwyn H - Sep 2018
Algehele gradering
Heerlik veilig gebly en die fasiliteite uit boonste rakke.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Jan baie dankie vir die goeie terugvoer wat jy van ons gegee het. Ons is nog, met die genade van Bo, baie geseënd om net 'n klipgooi uit die stad uit, so rustig en in vrede te kan bly. Ek is bly julle kon ook so 'n deeltjie daarvan ervaar.
Hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Cherry-groete
Kassie, Nita en die res van die span
Suzette L - Apr 2018
Algehele gradering
Gasvry.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer. Ons waardeer dit.
Cherry-groete,
Nita, Kassie en die Span
Willem M - Des 2018
Algehele gradering
'n Plaasgevoel-plekkie buite Bloemfontein.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Dankie vir julle terugvoer. Waardeer dit. Ons hoop om julle gou weer te sien.
Cherry-groete
Nita, Kassie en die res van die span.
Johan K - Mrt 2018
Algehele gradering
Redelik.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Breste Johan,
Ons vra groot om verskoning, daar was 'n klein misverstand. Ek moes dringend stad toe, en my seun was toevallig by ontvangs en het ander gaste per abuis in die eenheid ingeboek wat julle bespreek het. Die lief en leed van 'n gastehuiseienaar - hoop julle kan ons vergewe.
Cherry-groete,
Nita
Rika D - Apr 2017
Algehele gradering
Mooi skoon en netjies.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Rika, baie dankie vir jou terugvoering. Dit beteken geweldig baie as ons gastehuise positiewe terugvoer kry. Ek waardeer dit opreg. Ons hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Cherry-groete
Nita
Alta V - Jan 2017
Algehele gradering
Ons is herhaal besoekers aan A Cherry Lane en sal nooit êrens anders oornag in Bloemfontein as dit van ons afhang nie!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Alta, baie baie dankie. Dit beteken geweldig baie vir my om sulke terugvoering te kry. Die stryd is maar hard, maar ons probeer darem altyd om ons gaste lekker te laat bly.
Ons hoop om jou sommer weer binnekort te sien.
Cherry-groete
Nita
Johan B - Aug 2017
Algehele gradering
Great service and value for money.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Johan, thank you very much for this great review. We are glad that we were able, and available, to assist.
We hope to see you real soon.
Cherry-greetings
Nita
Louisa M - Aug 2017
Algehele gradering
Gerieflik.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Louisa, baie dankie vir die pragtige terugvoering wat jy vir ons gegee het. Dit beteken baie vir ons. Ons hoop om jou weer te sien.
Vriendelike Cherry-groete.
Nita en die span.
Elana F - Jan 2017
Algehele gradering
Heerlik gebly!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Elana, dankie vir jou kommentaar. Ek is bly julle het dit geniet. Ek sal vroeg in hierdie jaar 'n plan maak met daardie kamers om hulle groter te maak. Ek dink die hangkaste vat te veel plek soos hulle nou is. Ek werk daaraan. Baie dankie dat jy dit onder my aandag gebring het.
Angelique D - Jul 2017
Algehele gradering
Goeie plek vir kinders.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hi Angelique,
Baie dankie vir jou terugvoering, ons waardeer dit baie. Net om vir jou te laat weet dat ons nou besig is om daardie eenheid waarin jul geslaap het, grooter te maak vir meer spasie. So ons hoop om julle gou weer te sien.
Groete, NIta, Kassie en Chris-Marie.
Eddie C - Okt 2016
Algehele gradering
Baie aangenaam.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie en die tyd wat jy afgeknyp het om dit vir ons te doen.
Cherry-groete
Nita
Eunice V - Mei 2016
Algehele gradering
Cherry Lane is 'n besondere ervaring.
Lees meerA Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir jou besonderse goeie resensie wat jy vir ons gegee het. Dit word waardeer. Ons geniet ons gaste en probeer uit ons pad uit gaan om dit vir hulle aangenaam te maak. Hoe sê hulle: "Dis lekker om 'n mens te wees, maar dan moet jy 'n lekker mens wees".
Groete en hoop ons sien julle binnekort.
Nita
Renschi P - Apr 2016
Algehele gradering
Altyd heerlik om hier te oornag op pad na die Oos-Kaap.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hello Renschi. Baie dankie vir jou terugvoer. So weet ons darem dat ons op die regte pad is. Dit motiveer beslis ook ons werkers. Hoop ons sien julle weer. Groete. Kassie en Nita
Elize P - Jan 2016
Algehele gradering
Fantasties.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Elize. Dit is baie lekker om sulke terugvoer te kry. Ek het al baie van gaste gehoor wat 'n bloutjie met een of ander gastehuis geloop het, wat nie kry wat hulle bespreek het nie, ens. Ons hoop en vertrou dat wat ons adverteer, is wat ons gaste kry, en hopelik beter. Baie dankie dat julle van ons gebruik gemaak het, en hoop om julle weer in 2016 te sien.
Cherry-groete
Nita, Kassie en personeel
Jj R - Mei 2016
Algehele gradering
Baie lekker!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie vir die pluimpies. Ek sal dit oordra aan ons personeel wat die plekkies skoon hou, sodat hulle kan weet ons gaste het waardering as ons eenhede en kamers skoon is.
Ons hoop ons sien julle weer in die jaar wat voorlê.
Jannis L - Apr 2016
Algehele gradering
Stil en landelik.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Jannis dat jy tyd gemaak het om vir ons 'n resensie te skryf. Hoop om julle weer binnekort te sien.
Cherry-groete
Nita
Anonieme gas - Feb 2016
Algehele gradering
Johannes M - Jan 2016
Algehele gradering
Baie vriendelik en netjiese plekkie.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Harlike dank vir julle terugvoer. Dit word opreg waardeer. Hierdie tyd van die jaar is nie altyd maklik nie, veral vir die wat agterbly en moet werk, maar ek sal die boodskap oordra aan ons dames wat ons plekkie skoonmaak. Dit sal vir hulle lekker wees om te weet hulle harde werk word ook raakgesien. Nogmaal dankie.
Die "Cherrie" van A Cherry Lane
Jurie S - Jul 2015
Algehele gradering
Ons het dit baie geniet, dit was 'n onvergeetlike ervaring. Alles was perfek, rustig en pragtig! Sal beslis weer so maak!
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Dankie Jurie - ons is bly dat ons julle kon help. Hoop ons sien julle sommer vroeg in 2016 weer..... Voorspoed en tonne "Cherry-groete". Nita, Kassie en personeel.
Tanya P - Apr 2015
Algehele gradering
Oulike sakpasverblyf.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Tanya - dalk bietjie laat, maar baie dankie vir jou terugvoer. Ons het waardering vir elke positiewe terugvoer, en aan die "nie-so-positiewe" terugvoer, probeer ons werk en dit om te draai na 'n positief ...... :)
Nita, Kassie en personeel
Ansie A - Mei 2015
Algehele gradering
Baie netjiese en huislike omgewing.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Beste Ansie
Graag wil ek net vir jou baie dankie sê vir jou komliment. 'n Goeie vriend van ons het 'n sê-ding wat lui: "Dis lekker om 'n mens te wees, maar dan moet jy 'n lekker mens wees". Miskien is ons net lekker mense en kom die vriendelikheid sommer vanself. Ons hou ook baie van "lekker mense" en geniet die gasvryheidsbedryf terdeë. Hoop om julle in die nuwe jaar weer te sien.
Baie "cherry-groete"
Nita, Kassie en personeel.
Enrico T - Jun 2015
Algehele gradering
What an awesome place !
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Hallo Enrico - thank you for your review. Hope to see you soon.
Nita van Zyl
Mariana V - Feb 2015
Algehele gradering
Ten volle toegerus.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Dankie Mariana
Dit is goed om te weet ons voldoen aan die nodige.
Nita,Kassie en personeel
Mnr Wesley V - Sep 2015
Algehele gradering
Goed.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Goeiedag,
Baie dankie vir jul terugvoering.
Groete,
Nita
Sarie D - Jul 2015
Algehele gradering
Dubbelbespreking en koue water in koue winter!
Lees meerA Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Beste Sarie ... Ongelukkig het ek nou eers die kommentaar gesien en vra om verskoning vir die laat terugvoer. Jammer vir die slegte ondervinding wat julle by ons ervaar het. Daar gebeur partykeer net dinge wat buite 'n mens se beheer is, maar ons sal enige iets doen om dit dadelik (of so gou as moontlik) reg te stel. Ons maak gebruik van hittepompe, en partykeer kry dit 'n "airlock" wat ons nie dadelik agterkom nie, en hoor dan eers die volgende dag daarvan. Ons het intussen vir ons 'n 3-fase kragopwekker aangeskaf wat darem uitkoms kan bied vir die kragonderbrekings.
Nogmaals jammer.
Nita en Kassie van Zyl
Maria C - Des 2014
Algehele gradering
Pragtige kamer, vriendelike diens.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Baie dankie Maria - ons waardeer die kompliment. Ons is bly julle het die rustige atmosfeer en ons vriendelike diens geniet hier by A Cherry Lane.....
Baie groete
Kassie,Nita en personeel
Jaco V - Nov 2014
Algehele gradering
Naweek wegbreek.
A Cherry Lane Self-Catering and B&B se terugvoer
Beste Jaco - baie dankie vir jou trugvoer. Ons is baie bly jy het die rustigheid ervaar en dat jy darem lekker ontspan het hier by A Cherry Lane. Ons het darem intussen vir al ons kamers lugversorging ingesit, en ons is baie trots om te kan sê dat ons gaste hierdie somer 'n aansienlike "koeler" nagrus kan hê.
Nita van Zyl en personeel.
Verette J - Aug 2014
Algehele gradering
Dit was 'n bietjie ongemaklik vir "saamgestelde groepe" soos wat ons was, maar steeds aanvaarbaar.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 29 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dominee Kok-straat 3, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang