Ça Ira Guesthouse & Wellness Retreat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 791 Government Laan, , Pretoria, 0083, Gauteng
- Vanaf R2 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ça Ira Guesthouse & Wellness Retreat is 'n gastehuis in Eastwood, Pretoria. Dit is perfek vir die oordeelkundige reisiger wat opsoek is na gerieflike akkommodasie en verkwikking in 'n rustige atmosfeer ver van die stad se gejaag af.
Daar is 5 ruim slaapkamers elkeen met sy eie en suite-badkamer. Die kamers het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n bad en stort, wasbak en toilet. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n waaier, TV met sekere DStv-kanale, 'n komplimentêre gasvryheidskinkbord en luukse japonne in.
Gaste kan die heerlike ontbyt en ander smaaklike disse wat in die restaurant (op die perseel) bedien word, geniet. Ça Ira Guesthouse het 'n swembad waarin jy kan afkoel en 'n gemeenskaplike sitkamer waarin jy kan kuier. 'n Volledige spa en mediese-, dieet- en voedingskonsultasies word deur 'n professionele, gekwalifiseerde dokter toegedien. Die dokter besit ook die sentrum. Die gastehuis het ook uitstekende konferensiesale vir 40 afgevaardigdes.
Veilige parkering vir motors is beskikbaar en gaste kan gerus die aktiwiteite naby aan die gastehuis ontdek. Dit sluit die Uniegeboue, teaters, voetslaanroetes en -toere, museums en heelwat meer in.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 791 Government Laan, , Pretoria, 0083, Gauteng
- Gaste dink Ça Ira Guesthouse & Wellness Retreat het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 791 Government Laan, , Pretoria, 0083, Gauteng