A Jungle House
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nederburg-keeromstraat 4, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
A Jungle House bied selfsorgverblyf in 'n pragtige en ruim gesinsvakansiehuis in Strand en spog met 'n groot tuin wat geniet kan word.
Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbel- en enkelbed, 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort en Jacuzzi. Die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n enkelbed, met 'n kaggel vir koue wintersaande. Die derde slaapkamer het 2 enkelbedddens, opvoedkundige speelgoed en kinderboeke. Daar is 'n aparte gastetoilet en 'n badkamer met 2 wasbakke, toilet en 'n stort. Linne, swem- en badhanddoeke word voorsien en kan op versoek na 4 dae vervang word,
Die kombuis is met 'n vyfplaatgasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, roomysmaker, en skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook lugversorging. Gaste kan hul maaltye by die kombuistoonbank of in die leefarea geniet. Die leefarea het 'n TV met Showmax en gaste kan hulle skootrekenaar aan die TV koppel. Gratis WiFi is beskikbaar en die huis het sonpanele en 'n omsetterstelsel wat die ligte aanhou. Veilige parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar.
Hierdie huis is sentraal, naby plaaslike restaurante en winkels en die pragtige Melkbaai-strand is slegs 2 km ver. Somerset Mall en Vergelegen Medi Clinic is 5 km weg.
Gaste kan die Strand Waterworld and Amusement Park besoek, putt-putt speel, in die area wynproe of verskeie staproetes is in die omliggende natuurskoon geniet.
Maksimum aantal gaste is agt. Addisionele gaste meer as die bespreking word nie toegelaat sonder vooraf goedkeuring.
Gaste moet asb die eiendom en meubelment in goeie kondisie hou/laat.
Enige skade of vermiste items sal vir die gaste se rekening wees.
Geraas en gedrag: Stiltetyd geld vanaf 22h00.
Gaste moet ander bewoners en bure respekteer. Uitermate geraas, slegte gedrag of onwettige aktiwiteite kan lei tot onmiddelike uitsetting sonder terugbetaling.
Die gastehuis behou die reg om gaste se verblyf te beindig sonder terugbetaling, indien die gas 'n bedreiging is, of weier om by eiendom reels te bly.
Aanspreeklikheid: Die gastehuis is nie aanspreeklik vir enige beserings, verlies of skade aan persoonlike besitting tydens gaste se verblyf nie.
Aanvaarding van terme: Deur 'n bespreking te maak, bevestig gaste die bestaan van, en om by die terme en reels te hou. Deur nie by die reels te hou, kan lei tot beindiging van verblyf sonder terugbetaling.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Spa-bad, Toilet
Slaapkamer
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Petrus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Nederburg-keeromstraat 4, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink A Jungle House het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nederburg-keeromstraat 4, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang