Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

A Lodge on the Lake

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

A Lodge on the Lake is in die buitewyke van Wildernis op die wêreldbekende Tuinroete en dié gewilde dorp staan bekend as die Eden van die suidkus van Suid-Afrika. Natuur en argitektuur smelt soomloos saam by dié instansie en dit bied pragtige uitsigte oor die meer en op die berge.

Die kamers is elk individueel versier in ’n gesofistikeerde styl. Daar is ’n luukse wittebroodkamer met ’n hemelbed en ’n vrystaande steenbad. Elke kamer het ’n satelliet-TV wat met ’n afstandbeheer werk, ’n kroegie, ’n kluis, telefoon, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n haardroër.

Die sitarea bied ’n uitsig oor die randvloeiswembad en die meer. WiFi is in die sitarea beskikbaar.

Wildernis is tussen Knysna en George. Die pragtige strande en Indiese Oseaan maak hierdie ’n gunstelingbestemming vir toeriste regoor die wêreld. Die klein dorpie by die N2 is tussen mere, duine, strandmere en die Outeniekwa-berge.

Dit bied toegang tot dorpe soos Knysna, Gqeberha (Port-Elizabeth), George en Sedgefield. Daar is ’n idilliese atmosfeer wat geskep word deur klein restaurante en die weeklikse markie wat op Vrydag by Milkwood Village plaasvind.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ricole S
Saam met lewensmaat
5.0
Sien hierbo. Dit was hemels! Ons sal in die toekoms vir seker weer gebruik maak van hierdie gastehuis. Die gasvryheid, professionaliteit, netheid, hee...
Sien meer
Aug 2024
Abby L
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect! We truly enjoyed our stay here. The host, CW, is very friendly and helpful. The breakfast was delicious with a breathtaking vi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Christopher K
Saam met vriende
5.0
Really worth the stay! Peace and tranquillity. Booked the honeymoon suite which is simply amazing! The views of the lake and mountains ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Gerhard S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Smart. Ons het baie lekker gebly. Ons is vriendelik ontvang en gehelp om in te settle. Wonderlike honeymoon suite. Goeie aanbeveling gekry om ...
Sien meer
Jan 2024
Hanna V
Saam met lewensmaat
5.0
Way above the rest. Ons het in 'n lieflike kamer met 'n pragtige uitsig geslaap en ontbyt was heerlik! Basie en Annemie is 2 pragtige mense. Hulle gas...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

CW Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink A Lodge on the Lake het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA41ccdf13ba4823cdc1fa4da8d72b33846cc6d9838389ba110a70e55f0999fbe2d4bfedce71b161a8f2a2610e9ec3c4c03659?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 746 North Street Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.00014128128 22.636164864418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang