A Lodge on the Lake
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
A Lodge on the Lake is in die buitewyke van Wildernis op die wêreldbekende Tuinroete en dié gewilde dorp staan bekend as die Eden van die suidkus van Suid-Afrika. Natuur en argitektuur smelt soomloos saam by dié instansie en dit bied pragtige uitsigte oor die meer en op die berge.
Die kamers is elk individueel versier in ’n gesofistikeerde styl. Daar is ’n luukse wittebroodkamer met ’n hemelbed en ’n vrystaande steenbad. Elke kamer het ’n satelliet-TV wat met ’n afstandbeheer werk, ’n kroegie, ’n kluis, telefoon, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n haardroër.
Die sitarea bied ’n uitsig oor die randvloeiswembad en die meer. WiFi is in die sitarea beskikbaar.
Wildernis is tussen Knysna en George. Die pragtige strande en Indiese Oseaan maak hierdie ’n gunstelingbestemming vir toeriste regoor die wêreld. Die klein dorpie by die N2 is tussen mere, duine, strandmere en die Outeniekwa-berge.
Dit bied toegang tot dorpe soos Knysna, Gqeberha (Port-Elizabeth), George en Sedgefield. Daar is ’n idilliese atmosfeer wat geskep word deur klein restaurante en die weeklikse markie wat op Vrydag by Milkwood Village plaasvind.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
CW Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink A Lodge on the Lake het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang