A Lodge on the Lake
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lodge on the Lake is aan die buitewyke van Wildernis gebou. Wildernis word op die wêreldbekende Tuinroete gevind en staan ook bekend as die Eden van die suidkus van Suid-Afrika. Die natuur en argitektuur meng naatloos in 'n omgewing wat sekerlik van die mooiste in die wêreld moet wees. Onoortreflike uitsigte oor die meer onder en die omliggende berge word belowe.
Die kamers is individueel versier in gesofistikeerde styl met aardse ondertone. Nie net wittebroodgangers kan smul aan die luukse en ruimte van die Wittebroodkamer met sy hemelbed en vrystaande klipbad nie. Elke kamer is toegerus met 'n afstandbeheerde satelliet-TV, kroegie, kluis vir waardevolle items, telefoon, tee- en koffiemaakgeriewe asook 'n haardroër.
Ontspan in die sitarea en kyk uit op die randvloeiswembad en die uitgestrekte meer daarbuite. Draadlose internettoegang is in die sitkamer beskikbaar.
Die Wildernisdorpie is ook bekend onder die plaaslike inwoners bloot as Eden. Dit is tussen Knysna en George geleë. Die pragtige strande en die Indiese Oseaan maak hierdie wonderlike plek tot 'n bekende bestemming vir toeriste van regoor die wêreld. Die klein dorpie by die N2 skuil in 'n fassinerende landskap met mere, duine, strandmere en die Outeniekwaberge.
Dit is 'n sentrale toeristebestemming wat direk aan die wêreldbekende Tuinroete geleë is. Van hier kan jy maklik die stede Knysna, Gqeberha (Port Elizabeth), George en Sedgefield bereik. Die idilliese atmosfeer van Wildernis word geskep deur sy klein restaurante en die weeklikse kunsvlytmark wat op 'n Vrydag by Milkwood Village plaasvind.
Kenmerke
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
CW Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Gaste dink A Lodge on the Lake het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noordstraat 746, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang