Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

A Mountain View Country Estate

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Brakfontein, Fochvilleweg 40 & 41, Parys, 9585, Noordwes
  • Vanaf R746 R634 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

A Mountain View Country Estate is op die Fochville-pad, net 9 km buite Parys geleë en word omsoom deur skilderagtige, bergagtige landskappe. Dié landskap het ontstaan toe 'n meteoriet, so groot soos Tafelberg, sowat 2020 miljoen jaar gelede met die aarde gebots het en daardeur die natuurlike wonder, die Vredefortkoepel geskep het.

Die selfsorggastehuis bied verblyf in 9 pragtige versierde kamers. Die kamers is langs mekaar onder dieselfde dak. Die kamers is nie individuele eenhede nie en dit is oopplan. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met stort, wasbak en toilet. Die kamers kan rolstoele akkommodeer. Vyf van die kamers het dubbelbeddens en die ander 4 het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is slaapplek vir 2 gaste in elke kamer. Matrasse is beskikbaar vir ekstra gaste en kinders.

A Mountain View Country Estate het 4 aparte gaste-toilette en 1 aparte badkamer wat net geskik is vir kinders. Verder is daar 4 kombuise. Let asb. op dat 'n kombuis aan elke groep toegeken sal word, as daar nie 'n kombuis beskikbaar is nie sal 'n koffie-stasie en kombuisie toegeken word. Doen asb. navraag oor beskikbaarheid. Potte, panne, toebehore, broodplanke, botteloopmakers, mikrogolfoonde, yskaste, ketels, tweeplaatstofies, eetgerei, breekware en glase word in 3 kleiner kombuise voorsien. In die groot kombuis is daar 'n groot agtplaatstoof met 2 oonde. Daar is ook 'n aparte gemeenskaplike eetkamer en 2 aparte gemeenskaplike sitkamers.

Let asb. op: Parys, die naaste dorp, is 9 km van die gastehuis af. Dit is kunsvlieghengelwêreld, die magtige Vaalrivier kronkel deur ons 54 hektaar-onderneming. Baie voëls en insekte kom hier voor so onthou om jou verkyker in te pak (kyk uit vir die visarend en luister na sy kenmerkende roep). Geniet die natuurskoon en die plaasomgewing!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 165 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.3
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Anzelle E
Gesin met klein kinders
5.0
Voldoende praktiese geriewe en mooi omgewing. Ons het werklik 'n aangename ondervinding gehad, net wat ons nodig gehad vir ons oorslaap na ons volgend...
Sien meer
Mei 2024
Albert C
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was ongelooflik. Dit was wow en ongelooflik.
Jan 2024
Susan V
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was 'n lieflike gastehuis. Dit is absoluut netjies en skoon. Jacques is 'n aangename mens en ek sal beslis mense soontoe verwys. Sien sterre.
Okt 2023
Trevor S
Saam met lewensmaat
5.0
Perfect stayover spot and value for money. Jacques is a friendly and accommodating host. The venue is clean and super interesting to wa...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Michael G
Saam met lewensmaat
4.8
Baie rusrig. Het baie lekker gebly en plek was baie netjies.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Jacques Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 165

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Plaas Brakfontein, Fochvilleweg 40 & 41, Parys, 9585, Noordwes
  • Gaste dink A Mountain View Country Estate het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R746
R746 R634
per nag, vir 2 mense
Vanaf R746
R746 R634
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Brakfontein, Fochvilleweg 40 & 41, Parys, 9585, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnc6uhNmgKUjL5o3oOpW9idWye2NZORKHoLMECZ5esDRqbtRo7g?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R746 nouVanaf R634 per nag, vir 2 mense 165 5 1 5 Plaas Brakfontein 40 & 41 Fochville Road Parys 9585 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.83652765462 27.497319930917

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang