Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

A Perfect

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jacqueslaan 1, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 430 per nag, vir 6 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

A Perfect is 'n selfsorg-eenheid wat in die mooi Bolandse dorpie Wellington geleë is. Die huis het slaapplek vir tot 6 gaste en is na aan die dorp, die Boland Stadion en Hugenote Laer- en Hugenote Hoërskool.

Die eenheid is privaat, op die onderste verdieping van die hoofhuis, en het sy eie afstandbeheerde hek, veilige parkeerplek vir 3 voertuie en 'n privaat voordeur. Die eienaar woon op dieselfde perseel op die boonste verdieping. Daar is 3 slaapkamers met lugversorging en privaat badkamers. Die slaapkamers is baie modern en beddens is oorgetrek met goeie gehalte, kraakvars, wit linne. Badhanddoeke en 'n beginpakkie met seep, sjampoe, badskuim en toiletpapier word voorsien. Gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Die moderne oopplan-kombuis het granietoppervlaktes, 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Ons voorsien ook 'n beginpakkie vir die kombuis wat bestaan uit koffie, tee, suiker en melk. Die sitkamer het lugversorging en 'n TV met volledige DStv Explore Premium wat 'n alle fliekkanale, reeks-kanale en sportkanale insluit. Die leefarea maak oop op die onderdak braai-area buite met lieflike berguitsigte. Die lieflike tuin bied 'n swembad wat gaste mag gebruik en daar is parkeerplek vir 3 voertuie. Gratis WiFi is beskikbaar regdeur die eenheid.

Wellington is 'n lieflike omgewing wat omring word deur berge en wingerde. Dit is waarlik die ideale plekkie om net te ontspan en die omliggende natuur te geniet. Hierdie eenheid is ook naby die wegspringpunt van die bekende Perdeskoen-roete wat 5 km lank is. Die roete loop tussendeur plase en wingerde en is gewild onder fietsryers, drawwers en stappers. Oorkant A Perfect is daar 'n munisipale park met swaaie en glyplanke waar kinders lekker kan speel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  • Diens op aanvraag
  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Sanette R
Gesin met tieners
5.0
Die verblyf was veilig en privaat! Alles was van die nuutste en baie goed uitgeël. Ons het heerlik gebly!
Sep 2024
Deon J
Gesin met klein kinders
5.0
A perfect home away from home. Baie lekker gebly. Pragtige huis in 'n pragtige dorp.
Jun 2024
Riette V
Gesin met tieners
5.0
Baie netjiese, skoon huis. Veilig omgewing. Vriendelike eienaar. Baie dankie! Ons het baie lekker gebly, dankie!
Mrt 2024
Bernard W
Saam met vriende
5.0
Stunning 3-bedroom apartment on the ground floor. Great! Overall, very clean, neat, and stunning finishing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Denise M
Saam met lewensmaat
5.0
Uit die boonste rakke. Alles is smaakvol en netjies met hoë kwaliteit afwerkings en linne. Sal weer besoek.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elicia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Jacqueslaan 1, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink A Perfect het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 430
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R4 430
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jacqueslaan 1, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGViOTJhMTRlLTA3YjQtNGIzZC05NDlmLWY5ZWIxYjcyYTk0Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 430 per nag, vir 6 mense 70 5 1 5 1 Jacques Avenue Wellington 7655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.653482384916 19.01185785159

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang