Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

A103 Whale Cove

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Billy M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2023

Asemrowende uitsig oor die see. Netjies en upmarket. Al wat ek kan se is Linda, Linda en weer Linda! Wat 'n fantastiese persoon om mee te deal. Snaaksste is dat ek haar nog nie eens ontmoet het nie en weet nie eens hoe sy lyk nie maar die manier waarop sy ons welkom laat voel het net oor WhatsApp is ongelooflik. Sy het ons tuis en vry laat voel sonder dat ons haar ontmoet het. Wat 'n fantastiese persoon met 'n wonderlike persoonlikheid. Die plek is baie mooi, maar Linda was ons eerste en grootste verrassing van die naweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
A103 Whale Cove
Baie dankie vir jou mooi woorde Billy, dit is my voorreg en 'n groot plesier. Julle is altyd welkom.

Nadia C
Kort verblyf
4.8
Feb 2024

Mooi uitsig. Lieflike eenheid met fantastiese see-uitsig. Goed toegerus. Hoofslaapkamer se badkamer is baie klein. Besoekers moet weet daar is 'n verdieping se trappe van die parkeerarea af en dan weer 'n verdieping op. Dit is nogal moeilik as mens baie bagasie het. Daar is 'n pad en parkeerarea voor die eenheid, maar dit was relatief stil en het nie gepla nie. 'n Besoek aan die Kelders Natuurreservaat se grotte is aan te beveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
A103 Whale Cove
Hallo Nadia, baie dankie vir jou resensie. Ek is bly julle het lekker gekuier. Wat die badkamer en trappe aanbetref, dit is ongelukkig wat dit is en kan nie verander nie. Groete

Esmé T
Kort verblyf
4.6
Jan 2023

Lovely holiday at A103 Whale Cove. Beautiful view. Comfortable and has everything we needed to relax and unwind. Well positioned, and equipped with everything one needs. Home away from home. Thoroughly enjoyed our stay!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anthony S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2022

Waarde vir geld. A103 het alles wat nodig is vir 'n sorgvrye verblyf. Ons was ook veral bederf deur dolfynne en walvisse in die baai, sommer reg voor die woonstel. Sal beslis weer teruggaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Etienne V
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Apr 2022

Fantastiese blyplek, beste uitsig oor die baai. Pragtige eenheid met als wat jy nodig het. Baie goeie diens van Linda (bestuurder). See-uitsig asemrowend. Beveel die eenheid definitief aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Linda
A103 Whale Cove
Baie dankie vir die resensie Etienne. Ons is altyd bly as gaste lekker kuier. Groete

Louise V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Okt 2021

'n Baie besondere en heerlike ervaring. Die woonstel is baie goed en sentraal geleë met 'n mooi uitsig oor die baai. Ons het die mooiste walvisse elke dag gesien. Die woonstel was besonder netjies, skoon en goed toegerus. Dit is 'n luukse, mooi woonstel met al die nodige toerusting en baie goed gemeubileer. Ons sal beslis weer kom.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ronel D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2021

Puik ligging Jy kan nie vir 'n beter ligging vra nie, die uitsig is fantasties! Die woonstel is baie mooi ingerig, baie ruim, netjies en skoon. Ons het 'n baie lekker naweek gehad!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Barend M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Okt 2021

Gerieflike woonstel met pragtige uitsig en baie walvisse gesien. Dis ons 2de kuier by Whale Cove. Rustige area met genoeg uitsig, stapgeleendheid, grotte om te besoek en skoon dorp. Alles is hier om lekker te rus.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Gerhard D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Okt 2021

Stunning plek! Whale Cove is baie goed geleë en die uitsig is ongelooflik. Ons het gedurende die 2 dae wat ons daar gebly het baie walvisse sommer voor ons verblyf in die baai gesien. Die verblyf was alles wat dit beloof het om te wees.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Michael F
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2020

Wonderlike ligging en fasiliteite. Ligging is fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 107

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Whale Cove A103, Cliff-straat 93, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1e927600843e191d234e8e3acba68b1ced690fc90862ad52598631b688d15dd3127f10fd806aa8fa92ba7c8d2e04c38d8a0d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6) 24 5 1 5 Whale Cove A103 93 Cliff Street 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.555299270478 19.364960220764

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang