Net 'n regstelling hier maak al is dit 'n ruk na die tyd. Soms is dit ongelooflik hoe gastehuise beswadder word vir geen rede nie. Maar ander mense lees dit en weet nie wat die regte feite is nie. As mense die Location gebruik wat aan hulle gegee was en gevra het om nie GPS te gebruik dan sal hulle presies op die regte plek uit kom met geen moeite nie. Maar daar word nie geluister nie en volg hulle eie kop so dan verdwaal die mense en blameer my nadat ek mooi per telefoon pad verduidelik en dan draai hulle af want hulle GPS se so terwyl ek verduidelik en dan verwag hulle ek moet weet waar hulle is. Dit word ook uit geskryf en aan baie besoekers gestuur so lees asb instruksies want dis regtig n reguit pad. Vodacom vang op en dis nie my skuld as daar soms nie sein is of vir ander netwerk is nie. Wat warm water aan betref is dit solar en dit het gereën daai week en het alternatiewe warm storte aan gebied en dit was van die hand gewys. Bad het ekstra elektriese skakelaar wat wel aan was met baie warm water so as dit spaarsaam gebruik was kom 3x persone gemaklik gebad indien nood wel gedruk het. Hoop die onduidelikheid is nou reg gestel. Dankie vir u ondersteuning.