Aalwyn Akkommodasie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
Carol Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 27
Op LekkeSlaap 10 jaar
Opsomming van Resensie
Lucy D - Feb 2022
Algehele gradering
Service was very good. I will definitely visit Aalwyn Akkommodasie again.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
It was such a pleasure having you here. Thank you for the beautiful revue. Hope to see you soon.
Johann S - Aug 2022
Algehele gradering
Ons sal persoonlik nie weer daar oornag.
Lees meerAalwyn Akkommodasie se terugvoer
Net 'n regstelling hier maak al is dit 'n ruk na die tyd. Soms is dit ongelooflik hoe gastehuise beswadder word vir geen rede nie. Maar ander mense lees dit en weet nie wat die regte feite is nie. As mense die Location gebruik wat aan hulle gegee was en gevra het om nie GPS te gebruik dan sal hulle presies op die regte plek uit kom met geen moeite nie. Maar daar word nie geluister nie en volg hulle eie kop so dan verdwaal die mense en blameer my nadat ek mooi per telefoon pad verduidelik en dan draai hulle af want hulle GPS se so terwyl ek verduidelik en dan verwag hulle ek moet weet waar hulle is. Dit word ook uit geskryf en aan baie besoekers gestuur so lees asb instruksies want dis regtig n reguit pad. Vodacom vang op en dis nie my skuld as daar soms nie sein is of vir ander netwerk is nie. Wat warm water aan betref is dit solar en dit het gereën daai week en het alternatiewe warm storte aan gebied en dit was van die hand gewys. Bad het ekstra elektriese skakelaar wat wel aan was met baie warm water so as dit spaarsaam gebruik was kom 3x persone gemaklik gebad indien nood wel gedruk het. Hoop die onduidelikheid is nou reg gestel. Dankie vir u ondersteuning.
Rosie E - Mei 2021
Algehele gradering
Waarde vir jou geld.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Baie dankie vir julle terrug voer ek waardeer dit baie. Altyd n plesier om julle hier te he en hoop om julle gou weer te sien. Wees veilig en bly gesond.
Dana B - Mei 2021
Algehele gradering
Gasvry, netjies, ruim, skoon. Sal beslis weer bespreek.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Baie dankie, julle is welkom.
Anton S - Mrt 2021
Algehele gradering
Rustig en stil
Rosie E - Nov 2020
Algehele gradering
Waarde vir jou geld.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Dit was net 'n plesier om julle by ons te hê. Julle is altyd welkom. Baie dankie vir julle ondersteuning.
Sean V - Sep 2019
Algehele gradering
Gasvry, vriendelik en netjies.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Julle is altyd welkom. Baie dankie vir julle ondersteuning.
Groete
Carol Hefer
Allistair V - Des 2019
Algehele gradering
Rustig.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Hi Allistair Daar was n 'flask' op tafeltjie by kettel met water en jammer oor opwasseep maar ek was n WhatsApp weg. Ek het ook gereeld gevra of alles reg was en het geen klagtes gekry nie. Dankie vir julle ondersteuning en hoop julle het Gauteng geniet.
Isabel V - Aug 2018
Algehele gradering
My werknemers was baie in hulle noppies en het tuis gevoel.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Isabel dankie vir terugvoering. Dit was so n pleasier om jou goed gemanierde mense by my te kon huisves. Hulle is altyd weer welkom om by ons oor te slaap. Baie dankie vir julle ondersteuning.
Groete
Carol Hefer
Vanessa L - Feb 2018
Algehele gradering
Rustig en privaat.
Billy-jean D - Feb 2018
Algehele gradering
Dit was die lekkerste slaap op die lekkerste plek!
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Billy-jean ons hoop om julle weer gou te sien. Dit was net n plesier om julle by ons te he en ek is bly julle het dit geniet.
Susan V - Feb 2018
Algehele gradering
Netjies, skoon en baie behulpsame gasvrou.
Lees meerAalwyn Akkommodasie se terugvoer
Baie dankie dat julle weer kom kuier het en bly dat julle tevrede by ons is. Julle is baie welkom om weer terug te kom.
Hester B - Mei 2018
Algehele gradering
Letterlik 'n plek om jou kop neer te lê, maar van gemak is daar geen sprake.
Lees meerAalwyn Akkommodasie se terugvoer
Beste Hester,
Baie dankie vir die terugvoer en u ondersteuning, ek is jammer as u enige ongerief beleef het, alhoewel daar sekere punte genoem is waaroor ons nie beheer het nie.
Aalwyn Akkommodasie bied 'n paar opsies om van te kies waarvan u het besluit om 'n 'Sleep & Go' kamer te bespreek. Ek is so jammer as u dalk 'n verkeerde keuse gemaak het volgens die standaard wat u verwag het.
Wat my aanbetref, was kamers baie skoon en netjies en word deurgegaan lank voor gaste ingelaat word. Ek het ook gevra of u tevrede was en u het geen klagtes gehad nie. Ek het ook gevra u moet my dadelik kontak indien daar enige probleme is.
Wat toiletpapier aanbetref het ek nog nie van 1/2-ply gehoor nie en het ook nie gate in die papier wat ons verskaf gesien nie. Dit kon moontlik 'n fabrieksfout wees, waarvoor ek om verskoning vra.
Oor die selfoonopvangs het ons geen beheer nie. Ek kan nie verstaan dat u verkies het om eerder 'n uur in die son sit as om 1 km verder te ry om my te kontak nie. Ek was tuis en het vir julle gewag. Wanneer ek my gaste ontvang is, ek altyd vriendelik, en dit is duidelik uit vorige gaste se ervarings.
Sharon V - Feb 2017
Algehele gradering
Wonderlike ervaring, sal daar oornag as ek weer in daai area is.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Sharon, ek is bly dat julle dit geniet het en dit was 'n plesier om julle by ons te hê.
Susan V - Aug 2017
Algehele gradering
Baie skoon en netjies.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Dankie Susan vir jou pragtige terugvoering. Dankie dat julle ons ondersteun het en julle is altyd weer welkom om by ons te oornag,
Andre C - Mrt 2017
Algehele gradering
Baie lekker kamer, was netjies.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Baie dankie dat julle van ons verblyf gebruik gemaak het en dit was 'n plesier om julle hier te kon akkommodeer.
Johan N - Des 2017
Algehele gradering
Vriendelik, netjies en gemaklik.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Dankie vir terrug voering. Dankie dat u ons akkommodasie gebruik het en hoop om weer te sien.
Rezanne N - Nov 2017
Algehele gradering
Heerlike, gemaklike verblyf.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Beste Rezanne,
Baie dankie vir positiewe terugvoering. dit was 'n groot plesier om jou by ons te huisves.
Magda B - Okt 2017
Algehele gradering
Ons het regtig net geslaap, maar was vriendelik ontvang en plekkie was silwerskoon, netjies en gerieflik.
Lees meerAalwyn Akkommodasie se terugvoer
Baie dankie dat julle by ons oornag het en vir die pragtige terug voering. Ek is baie jammer julle het so ver moes ry dis hoekom ek wel jou in kennis gestel het dat julle lokaal 'n ent vanaf ons is. Julle is altyd welkom om weer by ons te kom kuier.
Dalet W - Okt 2017
Algehele gradering
'n Oase in die woestyn.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Beste Dalet,
Dit was net 'n plesier om jou by ons te kon verwelkom. Ons het die plaas gevoel en rustigheid en nie die geraas soos in die stad nie. Ek is egter bly dat jy die rustigheid geniet het.
Hoop om jou weer te sien.
Groete,
Carol Hefer
Tersia V - Okt 2017
Algehele gradering
Aanbeveling vir oornag-akkommodasie.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Baie dankie dat julle by ons oornag het en dankie vir die idees en jammer vir julle ongerief oor stort water wat ek nie verstaan nie want daar was nie ander mense voor julle in die kamer nie en dit was 'n sonskyn dag voor julle in geboek het so sal bietjie daarna oplet. Ek het vir julle die Honeymoon-suite aangebied maar het ook gesê indien julle enige probleem het om my dadelik in kennis te stel en julle eerste keuse was ook beskikbaar. Eintlik het ek probeer goed doen om u twee keuses te gee sal maar in toekoms mense in die kamers sit wat hulle wel bespreek het. 'n Mens is seker nooit te oud om te leer nie jy kan seker nie almal tevrede stel of probleem vry wees nie al probeer jy hoe hard. Ons waardeer julle opinie en dat julle ons ondersteun het en hoop ook om julle weer te sien.
Stefanus V - Nov 2017
Algehele gradering
Vriendelikke diens. Bietjie afgeleë en buite stads area. Moeilik om te vind. Pad aanwysers baie swak.
Brumelda D - Sep 2016
Algehele gradering
Baie gasvry en pragtige plek. Baie still en niks lawaai. Het 'n goeie nag se rus gehad.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Brumelda dit was net 'n plesier om julle by ons te huisves. Bly jou ouers was te vrede.
Braam G - Okt 2016
Algehele gradering
Baie stil plek. Aanwysings is nie baie goed nie, net bord wat sê B&B.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Ds. dankie vir u positiewe opmerkings. Daar is 'n baie groot bord voor u na ons afdraai vanaf die R559 wat sê Aalwyn Akkommodasie en Road 1, eintlik kan jy dit nie mis nie. Dit sou aan u linker kant gewees het as 'n persoon vanaf Randfontein kom. Ek dink julle het dalk bietjie op die donker gekonsentreer. Dit was 'n groot plesier om julle by ons te hê en jammer oor die bord wat u mis gekyk het. Ek het hom nogal oorgedoen en swart gedrukte letters gebruik. Ek sal bietjie gaan kyk of hy reflekteer in die nag. Dankie dat u laat weet het.
Martin U - Okt 2016
Algehele gradering
Baie rustig en vriendelike mense.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Martin ek het jou familie so geniet. Julle het pragtige gemanierde kinders. Julle is altyd welkom om by ons te oornag.
Jeanne-pierre B - Jul 2016
Algehele gradering
Baie aangenaam en vriendelike diens.
Aalwyn Akkommodasie se terugvoer
Baie dankie, dit was 'n plesier om julle by ons te laat oornag.
Teresa W - Sep 2016
Algehele gradering
Ons sal nie hierdie gastehuis weer gebruik of aanbeveel nie!
Lees meerAalwyn Akkommodasie se terugvoer
Toe jou ouers in geboek het, het my man vir hulle gesê dat indien hulle enige iets nodig het of as daar enige probleem enige tyd kan hulle ons asb dadelik moet laat weet. Die probleem was eers onder my aandag gebring na hulle die akkommodasie verlaat het en dit was binne sekondes reg gestel. Die water was kokend warm omdat ons die geyser hoër gestel het lank voor hulle ingeboek het wat die kamer langsaan het toevallig ook 'n persoon in gehad wat geen probleme gehad het nie. Ons is jammer as u so voel maar kan niks daaraan doen as ons nie van probleem weet nie. Hierdie is die eerste keer dat ons slegte kommentaar ontvang het al die ander inwoners was en is baie tevrede. Nogmaals wil ek jammer sê vir die ongerief.
- Kapasiteit: 11 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hoek van Robson-straat en Road 1, 12A, Hillside, Randfontein, 1760, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang