Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Aan-den-Weg

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 15 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 24 Okt 2024 tot 30 Apr 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 960 R1 666 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Hartlike gasvryheid wag op jou by Aan-den-Weg, 'n wyn- en roosplaas wat net 10 km van Stellenbosch af geleë is. Gaste wat hier tuisgaan word omring deur roosplantasies, wingerde, vrugteboorde en luisterryke uitsigte. Dis 'n absolute paradys vir natuurliefhebbers en 'n toevlugsoord waar besoekers weer vrede kan vind.

Die verblyf word aangebied in 2 eenhede wat elkeen 'n toegeruste kombuisie met 'n yskassie, oond of 'n lugbraaier en 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel en warmplate. Al die kamers is koel in die somer, bied pragtige uitsigte en is met vars rose versier. Petra bedien Maandae tot Vrydae heerlike ontbyt op die stoep, maar gaste moet dit 2 dae vooruit reël. Ander geriewe in die kamers sluit gratis WiFI, sonpanale, haardroërs en platskerm-TV's met sekere DStv-kanale in. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit en is Maandag tot Saterdag beskikbaar. Daar is 'n skaduryke stoep met braaigeriewe en parkeerplek op die perseel.

Aan-den-Weg is ideaal vir gesinne, wynliefhebbers en besoekers wat die Kaapse Skiereiland en -Wynlande wil verken. Dit is geleë in Stellenbosch Kloof, in die hartjie van die Stellenbosch Wynroete en net 20 minute se ry van die lughawe af. Dit is nét die plek vir die begin of einde van jou rustige vakansie.

Koel af in die groot oefenswembad op die perseel, lees of ontspan net lekker terwyl jy jouself verlustig in die asemrowende berg-uitsigte. Verloor jouself in die plattelandse atmosfeer. Kyk vir die voëltjies bedags en die pragtige sterre snags. Sit in die natuur of op die stoep met 'n glasie wyn in die hand. Laat jou gashere toe om jou bekend te stel aan die aktiwiteite op die plaas.

Die druiwe word in Februarie en Maart geoes. Stap tot op die heuwel op die plaas (3 km) en tussen 6 hektaar se roosplantasies en 64 hektaar wingerde. Geniet die kaleidoskopiese uitsigte van die wingerde wat oprank teen die Stellenbosse berge. Gaste kan heerlike maaltye geniet binne 'n 3-5 km-radius vanaf die plaas by die wynlandgoedere Jordan, Vredenheim, Neethlingshof en Spier.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ingrid G
Gesin met tieners
5.0
A beautiful venue with a view that was amazing. Comfortable, quiet and welcoming.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Riana N
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Dit was perfek, baie dankie!
Nov 2024
Maryke L
Gesin met tieners
5.0
Petra en Nicky se gasvryheid maak dit baie spesiaal! Dit was 'n heerlike naweek. Ons het dadelik tuisgevoel en baie lekker gekuier.
Okt 2024
Heleen H
Saam met vriende
5.0
Perfekte verblyf met wonderlike persoonlike aandag. Die perfekte gasvrou het ons groep vriende met ope arms ontvang. Die diens is fantasties, ontbyt i...
Sien meer
Feb 2024
Ninell R
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige omgewing en heerlike gasvryheid. Ons het die gasvryheid en aandag aan detail baie waardeer. Sy gaan uit haar pad om haar gaste se verblyf lek...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Petra Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 21

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aan-den-Weg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 960
R 1 960 R 1 666
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 960
R 1 960 R 1 666
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgTSq6561dkZSXFSmmSPk4KKSkSy9j5y8QJPFrnrdDKpht5lPaO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 960 nouVanaf R1 666 per nag, vir 2 mense 19 5 1 5 Aan-den-Weg Farm Stellenbosch Kloof Road 7604 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.941848211883 18.771394805448

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang