Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Abba Game Lodge And Camping Site

Wildsplaas
Winteraanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 31 Mei 2024 tot 31 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 292 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vaalkop 405, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Vanaf R350 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Abba Game Lodge is in die Waterberge, net 17 km noord van Modimolle, Nylstroom af geleë. Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in pragtig ingerigte grasdak-chalets. Daar is ook karavaan- en kampeerstaanplekke. Die lodge en kampterrein word via 'n 11 km grondpad bereik.

Die lodge is al 'n geruime tydjie gevestig in hierdie rustige omgewing. Al die selfsorg-eenhede is volledig toegerus vir selfsorg met yskaste, mikrogolfoonde, stowe, oonde, eetgerei en breekware. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en strandhanddoeke saambring. Die karavaan-staanplekke bied toegang tot 'n grasdak-lapa, braaigeriewe, elektrisiteit en 'n gemeenskaplike ablusieblok.

Geriewe by die lodge sluit die volgende in 'n dam om jou hengel-vernuf te beproef, 'n konferensielokaal, 'n oord-winkel, 'n kroeg, 'n swembad, 'n staproete en wildritte. Daar is 24 uur-sekuriteit by die ingangshek so gaste kan op hul gemak rondwandel. Die lodge is ongeveer 11 km vanaf die hoof-teerpad, so daar is geen verbygaande verkeer om die rus en vrede te versteur nie.

Gaste kan 'n hele rits aktiwiteite by die lodge geniet soos: watersport, visvang, vlugbal, pooltafels, putt-putt en buitemuurse skaak. Die lodge het nie 'n kragopwekker nie, so gaste moet hul eie ligte saambring vir kragonderbrekings.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Swembad

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 184 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
3.8
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.9/5

Chantelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 184

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Vaalkop 405, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Abba Game Lodge And Camping Site het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 292 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vaalkop 405, Modimolle, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk5ZDFlODAzLTkxYmMtNDI1YS1iYzU0LWFmZDY5MjMwNTY0NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag (plek vir 6) 184 5 1 4 Vaalkop 405 Modimolle 0510 Limpopo 021 201 8901 14:00-00:00 11:00 -24.679918846888 28.274090588093

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang